Tuis Badkamers

Oor beplanning en saamwerk

-

2 Wanneer ’n mens kyk na die fyn detail en perfekte keuses wat vir dié ruimte gemaak is, kan jy nie help om te wonder nie – is die paartjie impulsiewe opknappers wat aanpas namate die projek vorder, of staan hulle vas in hul beplanning? “Ons is definitief beplanning-tipe mense, maar daar gaan altyd verrassing­s wees en dan moet jy kan aanpas.”

Hulle het Andrew Genade van Creative Concepts Constructi­on en sy span gebruik vir die bouwerk, maar self al die materiale gevind en aangekoop. Lizelle was baie betrokke by die ontwerp en uitsoek van die regte toebehore, terwyl Nico met die bouers geskakel het.

Hulle het verwag dat die projek sowat ’n maand sou duur, maar die bouer was nie dadelik beskikbaar nie en toe raak dit twee maande. “Dit het nie regtig ons lewe omvergewer­p nie, so dit het nie te erg gepla nie. Ons moes net een dag ons tande oor die bad borsel, en toe is die nuwe kassie in.” Die stort se gespesiali­seerde teëlwerk het ook die proses ietwat vertraag, maar intussen kon hulle darem die bad gebruik.

Nico en Lizelle het glad nie koppe gestamp nie en goed saamgewerk gedurende die proses. “Ons het dieselfde smaak en ons kommunikee­r goed. Die enigste onverwagse ding was dalk dat dit nie so ’n groot projek moes wees nie; ons het nie werklik daarvoor begroot nie.”

Nico glimlag wanneer hy vertel die een ding wat hy wel van Lizelle geleer het, is dat sy van duur ontwerper-items hou! 1 Onder die toiletrol pryk twee piepklein ornamentel­e voëltjies, ’n geskenk uit New York van ’n vriendin. Die toiletrolh­ouer gaan nog met ’n swarte vervang word; hulle kon net nog nie die regte een opspoor nie. 2 Nico en Lizelle het lank gesoek na ’n swart stortkop wat by hul begroting sou pas en het uiteindeli­k dié een by die aanlynwink­el Plumbitonl­ine raakgeloop.

3 Die handdoek-haak is van Superbalis­t.

4 Die swart mengkraan was op spesiale aanbod by Italtile.

 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 3
3
 ??  ??
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa