Tuis Badkamers

[V&A]

met Nico en Lizelle

-

Wat is jul raad aan iemand wat hul eerste opknapproj­ek

aanpak? Gebruik ’n betroubare bouer! En moenie jou idees gedurende die proses verander nie. Dit gebeur maklik dat jy mooi goed op Pinterest sien en dan ’n ander rigting wil inslaan. Vertrou jou instink – jy weet waarvan jy hou.

Hoe het julle die beste produkte en dienste opgespoor en sal julle sommige hiervan by ander opknappers aanbeveel? Dit verg maar net navorsing. Kyk na gehalte en prys; laasgenoem­de hang af van die waarde wat die item bied. Ons dink al die produkte wat ons gebruik het, is uitmuntend; wat die proses selfs nog lekkerder gemaak het, was die uitstekend­e diens van die verskaffer­s wat ons gekies het.

Julle het al vantevore gerestoure­er – dink julle ervaring maak ’n opknapproj­ek makliker? Ons het al klein projekte aangepak soos om die huis te verf, maar niks op groot skaal nie. Selfs dié projek was redelik klein. Tog leer ’n mens elke keer iets by.

Enige geldspaarw­enke vir ander opknappers? Soek so wyd moontlik. ’n Mens kan dieselfde artikel vir veel goedkoper opspoor as jy mooi soek. Die stortkop was byvoorbeel­d amper drie keer die prys by ’n ander verskaffer.

Wat is volgende aan die beurt? Ons huis is aan die klein kant en bêreplek is min; daarom beplan ons ’n moderne stoorplek in die tuin. Ons houtvloere kort beslis ook ’n bietjie liefde.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa