Tuis Badkamers

Oorweeg jy die sementvoor­koms?

-

Inez se badkamermu­re en -vloer is afgewerk deur Crete and Wall Creations, wat in gekleurde sementvloe­re en afgevlakte mure spesialise­er.

“Nadat die teëls verwyder en die oppervlakk­e met ’n diamantsly­per glad gemaak is, het ons ’n liggrys afvlaklaag oor die bestaande sement op die vloer en ’n liggrys gespikkeld­e pleister teen die mure aangewend,” vertel die eienaar, Manie Vermeulen. “Daarna is die vloer en mure waterdig gemaak met ons eie produk, gevolg deur twee lae poliuretaa­nseëlaar.”

Hy sê hul produkte kan ook oor teëls gebruik word, mits dit nie gekraak is nie. “Ons skuur die teëls eers deeglik en bedek dit met kraakweren­de veselmaas voor ons ’n 4–5 mm-afvlak- of sementlaag aanwend.”

Die kleurpleis­ter en die kleursemen­t vir vloere kom in meer as 20 kleure. >>

 ??  ?? Die kiaat-inlegwerk op die vloer is deur Reclaimed Woods gedoen met ou dwarslêerh­out. Hulle het ook die houtblaaie gemaak, wat toe deur ’n bouer geïnstalle­er is.
Die kiaat-inlegwerk op die vloer is deur Reclaimed Woods gedoen met ou dwarslêerh­out. Hulle het ook die houtblaaie gemaak, wat toe deur ’n bouer geïnstalle­er is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa