Tuis Badkamers

DIE NUWE KATEGORIEË*

-

SELF GEDOEN

Dié kategorie is vir elke Jan of San Knaphand wat 50% van die werk self aangepak het. As jy nie skrik vir mure uitbreek, nuwe teëls lê of ’n sementvloe­r gooi nie, is dié kategorie vir jou. Onthou, jy moet ’n uiteensett­ing van jou uitgawes voorlê en kan wys wat jy met jou eie hande verrig het.

UIT DIE BOKS

Beskou jy jouself as ’n vernuwende denker met die slag om iets ongewoons te skep? Dalk is dit ’n eko-huis, ’n toerbus of ’n buitekombu­is – skryf dan vir dié kategorie in. Maak nie saak of jy self die werk gedoen het of net die projek beplan en bestuur het nie, dié een is vir jou.

O, SO MOOI

Het jy tien duime, of ’n vrees vir kraggereed­skap? Oorweeg dan dié opsie. Selfs as ’n kontrakteu­r 100% van die werk gedoen het, staan jy ’n kans om dié kategorie te wen! Solank jy betrokke was by die beplanning en projekbest­uur.

* Die redakteur behou die reg om inskrywing­s van een kategorie na ’n ander te skuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa