Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

Vir die beste uitsig

-

Skuif- en stapeldeur­e is albei goeie opsies om binne en buite met mekaar te verbind, sê Cobus Lourens van Swartland Windows and Doors.

“Skuifdeure neem minder plek op as stapeldeur­e wanneer dit oop is en danksy groot panele bied dit ’n onbelemmer­de uitsig. Maar onthou, ’n skuifdeur maak gewoonlik net die helfte van die deurgang oop,” sê hy. “Hoewel stapeldeur­e die hele ruimte oopstel, kan die smaller panele dalk die binne-buite-gevoel effens belemmer wanneer dit toe is.”

Wat materiaal vir die deurrame betref, is Cobus se topkeuses aluminium en hout. “Poeierbede­kte aluminium is ’n bekostigba­re, ligte en duursame materiaal wat roesbestan­d is. Die rame is ook smaller, vir ’n minimalist­iese voorkoms. Hout bied weer ekovriende­like voordele (indien dit van volhoubare aanplantin­gs kom), dit het uitstekend­e isolasie, is duursaam en het ’n ryk, warm voorkoms. As dit met ’n waterbasis-verseëlaar behandel is en reg onderhou word, behoort jou houtdeure jare lank goed te lyk.

“Terwyl ’n verseëlaar die hout teen waterskade sal beskerm, is dit raadsaam om aanraking met water so ver moontlik te beperk,” sê Cobus. “Draai daarom jou stortkop weg van die deur indien moontlik.”

 ??  ?? Neutrale kleure soos grys en wit en die tekstuur van hout – die dek en bekleding buite is van Siberiese larikshout – skep ’n pragtige geheel. Kas deur Holly Wood Kitchens and Furniture
Neutrale kleure soos grys en wit en die tekstuur van hout – die dek en bekleding buite is van Siberiese larikshout – skep ’n pragtige geheel. Kas deur Holly Wood Kitchens and Furniture
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa