Tuis Badkamers

KENNERSRAA­D

-

Oorweeg jy ’n vloer van saamgestel­de hout in jou badkamer? Etienne Louw van KBAC Flooring sê wat jy in gedagte moet hou:

“Ons sou nie normaalweg ’n vloer van saamgestel­de hout in ’n badkamerom­gewing aanbeveel nie, maar in dié geval (oorkant) het die kliënt én argitek dit vir die hele projek gespesifis­eer. Danksy die oopplan-ontwerp van die badkamer en voldoende ventilasie was die kanse skraal dat dit nie sou slaag nie.

“As jy ’n houtvoorko­ms in jou badkamer wil hê, beveel ons liewer luukse vinielteël­s (LVT) of ’n waterbesta­nde gelamineer­de vloer aan. Dié materiale vaar heelwat beter as saamgestel­de hout in so ’n omgewing.”

Die vloer in dié huis lyk nog pragtig. “Dit het ons stoutste verwagting­s oortref,” sê die huiseienaa­r, Ancois Basson. “Ons het dit ook in die kombuis laat lê, waar ons heelwat meer water mors as in die badkamer. En dit werk uitstekend!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa