Vir die muur ...
#9
Die sjef Mynhardt Joubert se huis in die Paarl is die ene kleur, en sy gastebadkamer spog met helderblou mure. Wanneer hy verf koop, kies hy klaar gemengde kleure om geld te bespaar. Duursame dakverf is maklik om skoon te maak; dit sal ook nie verdof nie. Hy het die blou plakkers op die venster vir ’n appel en ’n ei by die Vintage Ideasmark op Simondium gekry. ’n Bak vol seeskulpe van Nature’s Valley, ’n geskenk van sy suster, voltooi die prentjie en herinner hom aan ’n wonderlike vakansie.