Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

On­danks 20 jaar on­der­vin­ding as op­knap­per op haar kerf­stok, was dié k­lip­huis die moei­lik­ste op­knap­pro­jek wat Esté nog aan­ge­pak het. Die 135 jaar oue huis met sy klip­mu­re, wat so ken­mer­kend is van die ou­er hui­se op Mos­sel­baai, was ’n ta­me­le­tjie.

As jy ’n o­pe­ning wou maak vir wa­ter­py­pe, het die muur som­mer in­een­ge­stort om­dat die klip ver­pak is met sand en nie se­ment nie. Waar jy wel ’n en­ke­le klip kon uit­kry, moes jy weer ’n klip laat bei­tel om in die gat met sy nu­we groot­te te pas.

Esté het deur­ge­druk en die er­fe­nis­huis met die no­di­ge sen­si­ti­wi­teit op­ge­knap om die oor­spronk­li­ke in­te­gri­teit van die ge­bou te be­hou. En hoe­wel die re­ke­ning van so­wat R640 000 baie klink, het sy lag-lag R1,5 mil­joen se waar­de by­ge­voeg. Van­dag word die huis as va­kan­sie­ver­blyf ver­huur en staan be­kend as The Co­ve Old Sto­ne Vil­la, maar vir Esté sal dit al­tyd “ons k­lip­huis” wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.