Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe C­harl die eer­ste keer die bou­val sien langs die erf waar­op sy ou­ers woon, het hy be­sef dis die per­fek­te plek vir hom. Dis glo die oud­ste ge­bou op Hart­bees­fon­tein en word dik­wels die “Nag­maal-huis” ge­noem.

Dit het eers be­hoort aan boe­re wat dit ge­bruik het vir do­pe of trou­es wan­neer hul­le op die dorp was. La­ter het die am­per eeu oue huis waar­in C­harl se ou­ers nou woon ’n dok­ter se wo­ning ge­word.

C­harl se huis was woon­kwar­tie­re vir die dok­ter se diens­mei­sies.

“Tot van­dag toe, wan­neer ons om die huis gra­we, kry ons ou me­di­sy­ne­bot­tels – ons ge­bruik dit in die gastekamer as ver­sie­ring,” lag C­harl.

Hy het die bou­val in 2009 by sy ou­ers ge­koop, en oor ’n tyd­perk van drie jaar nog 100 m² by die 50 m²-kot­huis aan­ge­bou. Teen die ein­de van De­sem­ber 2013 kon hy en sy vrou, Es­tie, in­trek – en van­dag is die oor­spronk­li­ke ge­bou die hoof­slaap­ka­mer se en sui­te-bad­ka­mer.

Bui­ten die eint­li­ke bouwerk, wat deur ’n span bou­ers ge­doen is, het C­harl self die fon­da­men­te en hout­vloe­re ge­lê, die ge­pers­te pla­fon ge­ïn­stal­leer, wa­ter­py­pe aan­ge­lê, van die te­ël­werk ge­doen en die vloe­re af­ge­vlak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.