Re­de vir op­knap

Tuis Opknap - - Inhoud -

Toe Je­a­net­te en T­hom hul Aspoes­ter­tjie-huis (nog­al die NG Kerk se ou pas­to­rie wat ’n huur­huis ge­word het) in 2013 koop, het daar heel­wat skoon­maak- en breek­werk ge­wag. “Ons pri­o­ri­teit was om die k­lein, don­ker ver­trek­kies – ’n a­par­te kom­buis, sit- en eet­ka­mer – in een groot, oop leef­ruim­te te om­skep wat ons leef­styl baie be­ter sou pas. Ek het be­sluit dit moet bin­ne ’n maand klaar, an­ders gaan ek en T­hom op skei staan,” grap sy.

“Ons het ’n klom­pie vrien­de ge­nooi vir ’n hard hat and ham­mer- par­ty­tjie, waar hul­le hul frus­tra­sies op ons mu­re kon uit­haal,” lag Je­a­net­te. “Elk­een het ’n voor­ha­mer ge­kry en bin­ne een aand is al die mu­re uit­ge­kap én ons het heer­lik saam­ge­kui­er.”

En toe moes dié twee om­trent moue op­rol en in­spring. “Huur­ders het die huis in ’n vark­hok om­skep. Ons het let­ter­lik ’n maand lank rom­mel weg­ge­ry, spin­ne­rak­ke ver­wy­der en ’n oer­woud in die tuin uit­ge­skof­fel. Maar van een ding was ons se­ker: Die huis is in 1982 van net die bes­te ma­te­ri­aal ge­bou, want die gemeente het die bou­er met a­rends­oë dop­ge­hou. >>

tuis OP­KNAP 2015

Waar die por­taal in ’n muur dood­ge­loop

die het, is nou ’n ge­sel­li­ge bin­ne­braai met

eet­ka­mer regs en die sit­ka­mer links.

W­his­t­lers Sum­mer-kus­sings uit die T­weet He­arts­reeks van Her­tex

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.