Hal­lo

’n Op­knap­pro­jek is dik­wels ’n uit­da­ging, maar die re­sul­taat is so lo­nend.

Tuis Opknap - - Inhoud -

op­knap­gidsnog’n die Ek blink fo­to’s. voor­dat ont­hou i­dee.As in ek nog ie­mand Le­ser­s­pro­jek­te­my hier goed han­de ge­wer­k­wat toe vas­ge­hou­al ek het,’n en Tuis paar -wen­ke,het se het, regruk­pro­jek­teek heel ge­dink:lank be­gro­tingseer­ste te­rug Wat ag­ter­en plan­ne­die rug– al

het, En was hier dit is soosons weer,’n vroeë met Kers­ge­skenk.Tuis Op­knap 2015. Pen­ny­pin­chers

Tim­ber­ci­ty is steeds ons borg, want nes ons, glo hul­le ook: Doen

dit self!

Dit val my al­tyd op hoe­veel van die sto­ries gaan oor paar­tjies

wat saam­werk. Men­se wat ’n lief­de vir reg­ruk deel, en saam

han­de vuil­maak. Par­ty­keer lag ek maar lek­ker in my mou, want

deur die bank sê hul­le: Jy moet maar op jou tan­de kners, want dis ’n toets vir e­ni­ge ver­hou­ding. Weet ons dit nie al­mal nie …

Maar dan ver­tel hul­le ook hoe hul­le vroeg­og­gend by uit

ver­ko­pings gaan tou­staan, elk met ’n ly­sie van goed wat hul­le

moet gryp!

Die sto­rie van Es­mi en P­hi­lip Crous van Na­ma­kwa­land, wat

sta­dig maar se­ker be­sig is om hul plaas­huis op te k­nap, het my

lek­ker laat lag. Ek en Es­mi het eers oor die foon ge­sels en toe per

e-pos ver­de­re vrae en ant­woor­de uit­ge­ruil vir hul sto­rie op bl. 118.

Ons kon nie ’n fo­to­graaf soon­toe stuur nie, maar Es­mi was reg vir

die uit­da­ging. Sy sou som­mer self fo­to­graaf en sti­lis speel. Toe die

fo­to’s kom, was dit ’n heer­li­ke ver­ras­sing. Sy het pel­le oor­ge­nooi,

en in haar eie woor­de haar plaas­boer­man in ’n kraaghemp

ge­boen­der, en sie­daar – ’n self­doen­pro­jek word toe som­mer ’n

selfdoen-sto­rie.

Deur die bank het el­ke le­ser in hier­die uit­ga­we ook sy geld

spaar­wen­ke. Bil­ly Laub­scher ver­tel van die bad wat hy vir net R100 op ’n uit­ver­ko­ping ge­koop het (bl. 90). Es­mi ver­tel hoe hul­le die ven­sters op hul voor­stoep een-een aan­ge­skaf het so­dat hul­le nie op een slag ’n te vet tjek moes uit­skryf nie. En dan is daar ook dié goeie wenk van Elai­ne en Ri­chard C­hes­ter­ton (bl. 80): Moe­nie som­mer glo dat jy iets nie kan be­kos­tig nie. Kry pry­se, en maak som­me: Dalk werk dit uit. Ja, wrag­gies.

Die wen­ners van ons Reg­ruk met Flair- kom­pe­ti­sie, waar­uit hier­die op­knap­gids ge­bo­re is, word in die Fe­bru­a­rie-uit­ga­we van

Tuis aan­ge­kon­dig. Die top­drie-hui­se ver­skyn daar­in; te­ken dit so­lank aan. Want die bes­te kom nog ...

Lek­ker lees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.