Vir daai glim­lag

Tuis Opknap - - Ons Lesers Sê -

Dis jul Re­gruk met Flair- kom­pe­ti­sie wat my ge­ïn­spi­reer het om ons huis sta­dig maar se­ker te be­gin om­skep in ’n tuis­te. Ons het nie juis geld wat rond­lê nie, so met ’n be­perk­te be­gro­ting en ’n prent­jie in my kop het ek weg­ge­spring en om­trent al­les self ge­doen.

Die mees­te van die de­ko­ri­tems het ons reeds ge­had. Ek hou van ou­goed en het so deur die ja­re stuk­ke by­me­kaar­ge­maak wat net nog nooit die reg­te plek in ons huis ge­kry het nie. My ma help graag deur mooi­goed aan te dra, en my ou­li­ke fa­mi­lie weet al­tyd pre­sies wat ek vir my ver­jaar­dag wil hê!

Dié twee hout­stoe­le ( bo) het ek ver­niet ge­kry by ie­mand wat dit nie meer wou hê nie. Ek moes hul­le net af­skuur en verf. Die ou staal­ka­bi­net­te kom ook al ’n ent­jie saam met my, en ek be­plan om vir hul­le nu­we hand­vat­sels te laat maak.

Die les­se­naar­blaaie het ek laat maak, met ou bok­kies en krat­te wat dit on­der­steun.

My twee dog­ter­tjies soek al­tyd plek om huis­werk te doen, te verf of te te­ken, en ek wou vir hul­le plek maak in die stu­deer­ka­mer, son­der om my werk­plek prys te gee. In die hoek van die ver­trek is ’n trap­pie wat ons voor­heen as stoor­plek ge­bruik het – nou is dit ’n vro­li­ke lees­hoe­kie.

Wat voor­heen ag­ter ’n toe deur weg­ge­steek was, is nou ’n aan­ge­na­me, mo­der­ne ruim­te waar kre­a­tie­we din­ge en huis­werk met ’n glim­lag ge­beur.

Voor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.