Tuis Opknap

Wat ’n winskoop!

Iris Cupido van Johannesbu­rg het ’n huis op ’n aanlynveil­ing gekoop – nou is dié somber, afgeleefde eiendom ’n knus, kontemporê­re tuiste vir haar gesin.

-

Iris en Micardo Cupido en hul seun, Tristen (14) Bergbron, Johannesbu­rg 376 m² Noord

Houtskool beker en bak op eetkamerta­fel en vrugtemand­jie op werkblad van Woolworths

Dis wel ’n ou gesegde, maar in Iris Cupido se geval is dit die reine waarheid: Wanneer die opknap-gogga eers byt, is die koeël deur die kerk. Nadat sy een middag verby ’n afgeremde huis in Bergbron, Johannesbu­rg, gery het, het Iris ’n klein teken op die buitehek gesien met ’n verwysings­nommer en Myrooflogo. Sy was nuuskierig en het op myroof.co.za gaan loer, waar sy ’n verskeiden­heid eiendomme te koop ontdek het! “Ek het nog nooit van Myroof gehoor nie en ek het ook nog nooit eiendom aanlyn gekoop nie,” sê Iris. “Die eiendomme se pryse het my nogal verbaas – jy kan ’n regte winskoop raakloop!”

Al was Iris nie heeltemal seker hoe die proses werk nie, was die aanwysings op die webtuiste maklik om te volg. Sy het ’n huis gekry waarin sy belangstel, maar die stelsel het aangedui dat ’n aanbod van R960 000 reeds aanvaar is en dat dit besig is om verwerk te word. Sy kon wel ’n reserweaan­bod maak.

“Ek het besluit op ’n aanbod van R1,2 miljoen, en al was dit hoër as die eerste een, was ek tweede in die ry omdat die eerste aanbod klaar aanvaar is,” verduideli­k Iris.

’n Week later het sy ’n oproep van Myroof gekry om te sê die eerste aanbod het weens ’n gebrek aan finansieri­ng deur die mat geval; as sy nog in die eiendom belangstel, moet sy ’n formele koopaanbod teken om die ooreenkoms te beklink. So het haar reis begin ... >>

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa