Tuis Opknap

Slaapplek in die lug

Hier’s nou ’n slim plan om twee boeties – én als wat hulle nodig het – in een kamer in te pas.

-

SJ hard aan die speel in die “nuwe”, ruimer kamer wat hy met sy kleinboet, Jaco, deel. Die gordyntjie­s by elke bed skep ’n bietjie privaathei­d.

Johan en Esna se twee seuns kan een ding met sekerheid sê: Hulle het nog nie ’n enkele nag in ’n “winkelbed” geslaap nie. Want in die Marais’s se huis is doen-dit-self die wagwoord.

“Ons het destyds vir SJ, ons eersteling, ’n verbeeldin­gryke resieskarb­ed uit paletplank­e gebou toe dit tyd word om uit sy bababed na ’n regte bed te skuif. Intussen het ons na ’n kleiner plekkie getrek, maar toe daag klein Jaco op,” vertel Esna.

Die twee seuns het ’n kamer gedeel, en toe Jaco ook te groot word vir ’n bababed, was daar eenvoudig nie plek vir nóg ’n resieskar-bed nie.

Johan het ook geen sin gehad in stapelbedd­ens nie.

Esna het rondgekyk vir alternatie­we en ’n bed gesien met pakplek en laaie onder, wat heelwat ruimte in die knap kinderkame­r sou spaar. Maar die prys – R6 000 stuk – was bo hul vuurmaakpl­ek. Sy sou verder moes soek.

Dis toe dat sy inspirasie kry vir die oulike beddens waarop die seuns nou slaap – en natuurlik het Johan dit sommer self gemaak!

“Wanneer hulle begin skoolgaan, is die plan om ’n lessenaar onder elkeen se bed in te skuif,” verduideli­k Esna. “Ekstra boekrakke en laaie vir losgoed sal daar ook wees.”

Maar gelukkig is die seuns nog klein en het die Marais’s nog ’n jaar of drie tyd voor Johan en Esna dié deel van hul plan sal moet voltooi ...

Dis moeilik om te glo dié ligte, oopplanwoo­nstel was eens twee donker vertrekke. Die Labuschagn­es het, soos met hul huis in 2014, letterlik die beste gemaak van bittermin – en nou verdien hulle ’n ekstra inkomste uit dié woonstel.

Dié dakspasie was voorheen onbenut, nou is dit ’n slaapkamer!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa