Spieëltjie, spieëltjie
Die badkamer in Alda Fick se huis spog met ’n groot instapstort en is in 2011 gebou met klippe wat op hul plaas opgetel is. Toe die bouers besig was met die projek, het Alda gedagte gekry van ’n ou “venster-spieël” in haar padstal, Dassiesfontein. “Dis so mooi dat ek besluit het dit moet by die muur ingebou word; ek het die bouers aangesê om als eers te los, en dadelik die spieël gaan haal.”