Tuis Opknap

Swierig verby

-

Net drie elemente – plakpapier (aanlyn op maat gekoop pleks van ’n hele rol), ’n kunswerk en ’n kandelaber wat iewers in ’n stoorplek was – maak van dié gastebadka­mer ’n meesterstu­k. “Dis ’n klein ruimte, so ek wou dit trefkrag gee,” sê die huiseienaa­r, André Kruger, van Brooklyn, Pretoria. Die tema is gebore uit die skildery bo die toilet. “Ek het ’n ooreenkoms met my vriend Ruhan Janse van Vuuren, ’n beeldhouer: As hy oorsee gaan, koop hy vir my ’n kitsch geskenk, en as ek oorsee gaan, doen ek dieselfde. Hy het dié kunswerk uit Amsterdam gebring, en ek het dit laat raam. Dit bewys net weer dat jy nie ’n fortuin hoef te bestee om ’n ruimte nuwe lewe te gee nie; jy kan dit maklik doen vir minder as wat ’n partytjie by jou huis sal kos!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa