Tuis Opknap

Met Victoria

V&A

-

Enige wenke om koste laag te hou? Ons het ons bourommel diep onder die gras begrawe en ons vlakke noukeurig bereken sodat dit nie nodig was om ekstra grond aan te ry nie. Voor ons begin grawe het, het ons self die gras opgetel, dit eenkant gehou en herplant soos nodig. Ek het ook vooraf die 3D-sagteware Trimble Sketchup gebruik om die ruimte te beplan – dit het foute help voorkom en ons baie geld help bespaar. Wat sou julle volgende keer anders doen? Ons het nie die daghaspats­els op die betonblokk­e afgevee nadat dit ingebou is nie; dit sou makliker gewees het om dit af te haal voor dit heeltemal droog was. Ons sal ook volgende keer bakstene vir die vuurput se blad gebruik – die vog wat die beton opgeneem het, het ’n ontploffin­g veroorsaak! Gelukkig is niemand beseer nie en nou maak ons vuur op bakstene bo-op die blad. Ons is dol oor die banke; was dit jou idee? My agtergrond is in argitektuu­r en ek het nog altyd gehou van hoe goed ingeboude sitplek in klein ruimtes werk. Daar was egter altyd probleme met klamheid en verf, toe besluit ons om die sitplekke te beklee met oorskiet-balauhout van die dek. Wat geniet julle die meeste van die voltooide projek? Dis vir my heerlik om my seuns hier te sien speel. Vir hulle is dit ’n lekker klouterple­k, en hulle speel graag karretjies hier. Wat is volgende? Ons is tans besig om hierdie huis te verkoop; danksy al die opknapwerk wat ons self gedoen het, kon ons ’n lekker wins maak. Nou koop ons ’n huis in ’n ander deel van die dorp – een wat heelwat werk nodig het!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa