Tuis Opknap

Shaun en Laetitia se wenke

-

• Beperkings soos geld of tyd skep ruimte vir kreatiwite­it. Ons almal is kreatief, ons almal kan droom; die geheim is net om te begin. • Doen een stap op ’n slag. • Kry minstens drie kwotasies. • Kies mense wat spesialise­er in een ding; moenie ’n ja-broer kry wat sê hy kan alles doen nie – glo my, dis gewoonlik nie waar nie. • Leef eers ’n ruk lank in jou huis as jy nie ’n duidelike visie het nie. • Werk van vertrek tot vertrek. • Doen jou huiswerk oor pryse en produkte. • Bly geïnspiree­r deur Pinterest, tydskrifte, die lewe daar buite – en deur jou oë oop te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa