Tuis Opknap

Met Bennie en Gawie

-

Gebruik wat jy het! ’n Ou hout-bedbasis kan dalk sweefrakke word. Wat sal julle volgende keer anders doen? Ons sal vooraf met enige kontrakteu­rs op ’n tydlyn ooreenkom, sodat ons nie meer vir arbeid betaal as wat die projek vereis nie. Waar het julle idees gekry? Ons het in talle tydskrifte en op die internet na idees gesoek tot ons iets gekry het wat modieus én prakties is.

As dit nie reg lyk nie, breek dit liewer af en begin oor! Jy wil nie oor ’n maand of ’n jaar wens jy het dit anders gedoen nie. Waarop spaar ’n mens nié? Hou by produkte van goeie gehalte waarvan jy regtig hou, anders gaan jy dit berou en net weer van voor af moet begin. Wat is volgende? Daar is altyd iets op ons lysie. Ons beplan om die plaveisel rondom die huis te vervang met leiklip sodat dit naatloos by die res van die huis inskakel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa