Tuis Opknap

O

-

’n Ou vissershui­sie, sentraal geleë in die Strand, was net die projek waarop George en Carina Taylor hul kreatiewe hande wou lê. Hulle het die erg verwaarloo­sde tweeslaapk­amerhuis in September 2016 gekoop en die daaropvolg­ende Februarie was hul nuwe blyplek van voor tot agter opgeknap.

“Albei van ons geniet dit om skeppend te wees en met ons hande te werk, daarom was dié projek ’n goeie kans om ons vernuf aan die dag te lê,” vertel Carina wat, net soos George, ’n kranige meubelmake­r is.

Hoewel hulle die hele huis reggeruk het, is die kombuis vir hulle ’n hoogtepunt.

“Die kaste het ons net onder R15 000 gekos omdat ons dit self gedoen het,” vertel Carina. “Dít nadat die kwotasies vir dieselfde werk rofweg R80 000 was!” Dis nou geldslim, of hoe? Die kombuis het gesmeek om vernuwing: Die skuins plafon, ou kaste en ou vloer- en muurteëls moes waai, om nie te praat van die skel-oranje mure nie. “Die vertrek moes van bo tot onder vernuwe word.”

George en Carina het die materiaal vir die kaste en blaaie gekoop en volgens hul mate laat saag. “Die beplanning vooraf was ’n lekker uitdaging,” vertel Carina. “Ons het nie ’n rekenaarpr­ogram vir die ontwerp gebruik nie en dit het plek-plek drie keer se meet gekos om die kaste netjies te laat pas. Maar ons het mooi kopgehou en dit so 99% reg gedoen!”

Voor Voor

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa