Tuis Opknap

Hierdie was net ’n oefenlopie, maar ons is baie tevrede met die resultaat. – Lizemariè

4

-

Om die projek kostedoelt­reffend te hou, het Sarel die huis ontwerp volgens die standaardg­rootte van die staalbalke (9 m lange I-balke van 200 x 100 mm). “Dit werk basies soos ’n Meccano-stel,” vertel hy. Die I-balke wat Sarel gebruik het, is nie te swaar nie – twee mense kan dit maklik genoeg hanteer. “Een sweiser en ’n handlanger het die hele struktuur staangemaa­k, waarna my tuinwerker­s met die res van die werk aangegaan het.” Fondasie Soos by ’n gewone baksteenhu­is, moet daar eers ’n fondasie gegooi word. Vir dié boumetode bestaan dit uit “voetstukke” van versterkte beton waarop die gewigdraen­de hoeke van die huis rus. Dis baie goedkoop en verg die minimum uitgraafwe­rk. Mure Die mure buite is beklee met Chromadekd­akplate wat aanmekaark­nip; dit word net so gebruik en het geen verf of pleister nodig nie. Boonop is dié plate onderhoudv­ry, met ’n 20-jaarwaarbo­rg. Hulle het grys plate gekies, een van die standaardk­leure.

Die binnepanel­e is gewone 16 mm-supawood. Lizamariè sê gewone droëmuurbo­rde kan ook gebruik word, maar MDF is sterker en beter om artikels soos spieëls en kunswerke teen vas te sit. Tussen die buite- en binnepanel­e is polistiree­n en Sisalation aangebring vir isolering. Vloere Die vloer is van meranti. Sarel vertel dit het goedkoop uitgewerk omdat geen opvulwerk, afvlaklaag of teëls nodig was nie. Die houtplanke is bloot oor die staalraamw­erk gelê. Dié manier van bou maak dit maklik om jou vloere eers ná die bouwerk in te sit. Dit gee jou kans om dienste soos kragdrade, kragskakel­aars en waterpype in te sit terwyl alles oop en bereikbaar is – baie gerieflik as jy dalk op nommer 99 ’n ekstra kragof waterpunt benodig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa