Tuis Opknap

Met Mark

V&A

-

Het jy enige foute in dié projek gemaak? Nie regtig nie, hoofsaakli­k omdat ek so lank voorberei het. Ek het wel kwaai tenniselmb­oog ontwikkel nadat ek al 400 skroewe met die hand moes vasskroef met die terugsit van die dekplanke, want die elektriese skroewedra­aier het dit nie styf genoeg vasgedraai nie.

Ek het ook eers ’n ingewikkel­de roete beplan om die tenks tot by die dek te kry – oor die bure se muur en dak – tot iemand voorgestel het ons kyk of dit nie deur ons voordeur en balkondeur­e pas nie; dit het, met net 2 mm speling! Dit het my ure se harde werk gespaar! Wat is jou topwenke vir selfdoener­s wat ’n soortgelyk­e projek wil aanpak? • Doen deeglik navorsing, anders bestee jy dalk ’n fortuin aan die verkeerde produkte. Ek het R4 000 op die tenks bespaar deur Rototank aanlyn op te spoor, al het ek voor die projek nog nooit van hulle gehoor nie. • Wees dapper genoeg om dit aan te pak; jy sal verbaas wees oor wat jy self kan vermag! • Moenie die eerste mens glo vir wie jy raad vra nie. Daar is talle maniere om so iets te doen; kry verskeie menings en doen navorsing voor jy besluite neem. • Sorg vir ’n oorloop: Ek het al my tenks met ’n 110 mm-pyp aan mekaar verbind; oorloopwat­er word na die buurman herlei. Het vriende en familie jou gevra om met soortgelyk­e projekte te help? Hulle het baie raad gevra en minstens drie het iets soortgelyk­s aangepak, maar ek gaan dit beslis nie vir hulle doen nie!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa