Tuis Opknap

Vra die kenners

Jy vra – ons kry die antwoorde!

- Saamgestel deur Desiree Hartney

1 Haal al die handvatsel­s af. As jy dit weer wil gebruik, kan jy die gaatjies net so los, maar as jy nuwe handvatsel­s wil aansit, vul dit met houtvuller. Skuur die oppervlak liggies voor jy begin verf. 2 Was die kaste met suikerseep en laat dit droog word.

Berei die oppervlak voor met ’n gepaste onderlaag soos Dulux Supergrip of Plascon Tile and Melamine Primer. Laat dit oornag droog word. 4 Wanneer die onderlaag heeltemal droog is, kan jy die verf met ’n sponsrolle­r aanwend om ’n gladde afwerking te verseker. Twee lae gewone PVA sal werk. • Oorweeg ’n patroon soos dié harlekyn-ontwerp op die middeldeur ( links). • Die ander deure is elk in ’n ander kleur geverf – kies kleure wat by jou dekor pas en maak jou ou kas die middelpunt van die aandag. Moenie bang wees om met die kleure te eksperimen­teer nie – meng wisselende hoeveelhed­e wit by dieselfde basiskleur.

Inspirasie

Ek dink dit gaan ’n reuseversk­il maak as jy die sierstene wit verf. Ek sal jou aanraai om die tong-engroefpla­fonne ook wit te verf om jou huis ’n pragtige Kaap Cod- of Nantucketg­evoel te gee – wat perfek is vir ’n strandhuis. Dit sal boonop die vertrekke groter en ligter laat voel. Verder sal die tekstuur van die plafonne goed werk saam met die ruwe mure. As jy bekommerd is oor te veel wit kan jy ’n fokusmuur in elke vertrek verf; skakerings van grys en klipkleure sal pragtig lyk. Hou by ’n see-palet vir eenvormigh­eid, en verskaf tekstuur met seegrasmat­te en verweerde hout. Gebruik jou donker meubels tussen afgewitte stukke om die huis te anker. Die geheim van ’n wit interieur is om baie teksture te kombineer, en jy het die perfekte ligging en basis om mee te begin. >>

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa