Tuis Opknap

Van swembad tot wynkelder

Buitenspor­ige kwotasies en ’n liefde vir selfdoen het Mark Steinhobel geïnspiree­r om self opvangtenk­s onder sy dek te installeer.

-

Vvir jare was die houtdek voor Mark en Annie Steinhobel se huis in Oranjezich­t, Kaapstad, net ’n verlengstu­k van hul kuierarea. Hier het vriende en familie uitgespan en die pragtige uitsig op Vlaeberg en die stadskom geniet.

Maar onder die 10 x 5 m-dek was daar ’n leë ruimte, perfek vir ’n hele paar reënwatert­enks – iets wat Mark en Annie beskou as ’n noodsaakli­kheid, veral noudat die Wes-kaap gebuk gaan onder ’n watertekor­t. Mark wou die ruimte ten volle benut en het besluit op genoeg tenks vir 10 000 liter water.

“Aanvanklik het ek nie so ver gedink om dit self te doen nie, maar kwotasies by twee loodgieter­s gekry,” verduideli­k Mark. “Tot my skok was dit onderskeid­elik R43 000 en R48 000 – en dit net vir die loodgietwe­rk!

“Toe besluit ek om dit self te doen; ek het navorsing aanlyn gedoen, Youtubevid­eo’s gekyk van mense (hoofsaakli­k oorsee) wat hul eie installeri­ngs gedoen het en plaaslik rondgesoek na die produkte en verskaffer­s wat ek sou nodig hê.”

Mark, voorsitter van VWV, ’n agentskap wat in handelsmer­k-ervarings spesialise­er, het al sy naweke in Maart 2017 aan dié projek gewy. Hy moes genoeg dekplanke oplig sodat die nuwe tenks in die ruimte laat sak kon word, die huis se geute met die tenks verbind, en die nodige pype installeer om die tenks met die besproeiin­gstelsel te verbind. Mark het ’n handlanger gekry om te help met die sementbasi­s vir die tenks, en toe dit tyd raak om die tenks te laat sak, het hy drie werkers op ’n bouperseel daar naby gevra om gou te kom hand bysit.

Op die ou end het al die materiaal hom minder as R24 000 uit die sak gejaag. Dis omtrent die helfte van wat ’n loodgieter hom sou kos – en sluit nie eens die koste vir ’n skrynwerke­r om die dek en dwarsbalke te help oplig, in nie!

Wat is volgende op Mark se lys? “Ek wil nou die reënwater ook na die huis herlei!” sê hy.

Hou dop ...

 ?? Deur Kim Arendse Foto’s Justin Patrick Stilering Marian van Wyk ?? Wie woon hier? Mark en Annie Steinhobel WAAR Oranjezich­t, Kaapstad
Deur Kim Arendse Foto’s Justin Patrick Stilering Marian van Wyk Wie woon hier? Mark en Annie Steinhobel WAAR Oranjezich­t, Kaapstad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa