Strooi de­klae en hou jou tuin koel

Tuis - - INHOUD - Deur Ma­rié Ester­huy­se • Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster • Sti­le­ring Ma­ri­li­ze S­pies

Gooi ’n dek­laag rond­om jou plan­te vir die va­kan­sie en warm so­mer­maan­de wat voor­lê.

Hoe­kom

Die so­mer­warm­te droog jou tuin­grond vin­ni­ger uit as wat jy dink – en kan jou plan­te laat swaar­kry. Ne­vil­le Ors­mond van Cre­a­te a Lands­ca­pe in Jo­han­nes­burg en Wou­ter Krui­de­nier van De Krui­de­nier Eks­klu­sie­we Tui­ne in Dur­ban­vil­le gee raad. De­klae is ver­al be­lang­rik in nuwe tui­ne met jon­ger plan­te, waar grond­be­dek­kers nog nie die grond toe­ge­groei het nie. Maar dis ook on­ont­beer­lik in ge­ves­tig­de tui­ne: • dit hou die grond koel; • dit keer dat die grond uit­droog weens ver­dam­ping en keer dat wa­ter weg­loop – jy spaar dus wa­ter; • dit be­perk on­kruid­groei; • na­ma­te or­ga­nie­se de­klae af­breek, ver­be­ter die grond se tek­s­tuur en ver­skaf dit voe­ding­stow­we aan die grond; • dit help die erd­wurms met hul werk – hul­le flo­reer dank­sy die or­ga­nie­se ma­te­ri­aal.

Wan­neer

Dit hang af waar jy bly: In win­ter­re­ën­ge­bie­de is die be­gin van die len­te i­de­aal wan­neer die grond be­gin uit­droog, maar nog lek­ker klam is; strooi de­klae in so­mer­re­ën­ge­bie­de ter­wyl die grond nat is ná die eer­ste re­ën.

Maar dis nooit te laat nie – as jy dit nog nie ge­doen het nie, spring da­de­lik in.

Waar­mee

’n Dek­laag be­staan meest­al uit or­ga­nie­se ma­te­ri­aal – e­nig­iets soos kom­pos, snoei­sels, strooi, droë gras­sny­sels, bla­re, hout- of bas­splin­ters of selfs re­pe koe­rant­pa­pier.

De­klae kan ook an­or­ga­nies wees, soos klip­pies, of le­wend, soos grond­be­dek­kers. Wou­ter ver­kies kom­pos.

“’n Tuin moet in elk ge­val el­ke jaar met ’n laag kom­pos ge­voed word. Deur dit as dek­laag te ge­bruik, maak dit my le­we mak­li­ker, want dit voed ter­self­der­tyd die plan­te in my tuin.

“Kies goeie kom­pos wat so­ver moont­lik on­kruid­vry is,” is sy raad. “Nie die­re­mis nie, want be­hal­we dat dit on­kruids­a­de kan be­vat, kan dit ook jou plan­te brand.”

As jy kies om nie ’n ek­stra laag ma­te­ri­aal te gooi nie, skep ’n na­tuur­li­ke dek­laag in jou tuin deur goeie tuin­maak­be­gin­sels te volg, is Ne­vil­le se raad.

“Wan­neer jy ’n bed­ding maak, is dit i­de­aal om die bo­me, strui­ke, grond­be­dek­kers en meer­ja­ri­ges ter­self­der­tyd te plant. Die grond­be­dek­kers hou die grond vog­tig, die bo­me se bla­re wat in die bed­dings val, vorm ’n na­tuur­li­ke dek­laag en die bo­me en strui­ke be­skerm weer die grond­be­dek­kers in die win­ter teen ryp – wat sal ver­se­ker dat jou tuin die so­mer met ’n ge­son­de grond­be­dek­ker as dek­laag be­gin.”

Hoe

Skep met ’n graaf ge­noeg van die dek­laag rond­om die plan­te en ver­sprei dit met jou han­de so­dat jy kan voel hoe diep dit o­ral­oor is.

’n Dek­laag moet so­wat 5−10 cm dik wees rond­om al die plan­te in jou tuin – bie­tjie dik­ker by bo­me en strui­ke, en dun­ner by een- en meer­ja­ri­ges. Lig die tak­ke en bla­re op om die ma­te­ri­aal daar­on­der na­der aan die plant se stam te ver­sprei.

Moe­nie die dek­laag van ’n af­stand in jou bed­dings gooi nie, want dan kan de­le van die klei­ner plan­te daar­on­der be­land. As dit ge­beur, krap die plan­te oop so­dat hul­le ge­noeg son kry en nie be­ska­dig word nie.

De­klae is ook no­dig in die win­ter, ver­al in stre­ke met swaar ryp, waar dit die pl­ant­wor­tels help warm hou.

Grond­be­dek­kers be­staan meest­al uit or­ga­nie­se ma­te­ri­aal – hier is dit rooi­bos­res­te (by kwe­ke­rye te kry). REGS ’n Le­wen­de dek­laag soos dié La­mi­um ma­cu­la­tum ‘Be­a­con Sil­ver’ hou die grond in die so­mer klam.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.