In ’n ou kerk in KZN

Tuis - - INHOUD -

Die Hind­les het die stads­lig­gies ver­ruil vir die rus­tig­heid van die K­waZu­luNa­tal­se Mid­del­land, waar hul­le Kers­fees vier in ’n prag­ti­ge

ou klip­kerk.

C­hi­r­ho Bo­w­den (5), ’n sus­ters­kind van die Hind­les, kan nie wag om sy ge­sken­ke oop te maak nie.

Elf jaar ge­le­de het Jen­ni­fer en Paul Hind­le van Jo­han­nes­burg gaan na­week hou in die Mid­del­land van K­waZu­lu-Na­tal, en daar op die mooi­ste plaas af­ge­kom. Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag. Hul­le het sum­mier die ge­jaag­de stads­le­we vir ’n rus­ti­ger leef­styl op die plat­te­land ver­ruil, en teen Ja­nu­a­rie 2004 het hul­le die deu­re van hul eie Mid­lands Me­an­der-on­der­ne­ming oop­ge­gooi.

Van­dag is hul plaas steeds die tuis­te van die In­di­go Fields Farm Hou­se and Spa; in­tus­sen het die paar­tjie ook St. Andrews Retre­at ge­ves­tig in ’n lief­li­ke ou Ang­li­kaan­se kerk 8 km bui­te Mooi­ri­vier, wat hul­le in ’n self­sorg­gas­te­huis om­skep het. Hier is saam­wees ’n wa­re fees.

“Toe St. Andrews in 2009 op die mark kom, wou ek en Paul dié lief­li­ke ge­bou ’n nuwe le­we gee,” ont­hou Jen­ni­fer. “Ons het be­sluit om dié 108 jaar oue kerk­ge­bou te om­skep in ’n toe­vlugs­oord vir men­se wat ’n stil weg­breek­plek no­dig het.

“Paul het die vloer­plan ont­werp en uit­ge­werk hoe ons die groot mid­del­ruim­te van die kerk in drie en sui­te-slaap­ka­mers kon in­deel: twee ka­mers on­der en die hoof­slaap­ka­mer op ’n tus­sen­vlak, kom­pleet met ’n trap­kuil. Na­tuur­lik het ek ’n ei­er te lê ge­had oor die de­kor en die kom­buis­uit­leg!” lag Jen­ni­fer. Paul het sterk daar­oor ge­voel dat die in­ter­ne raam­werk nie moes af­breuk doen aan die ge­bou nie. Die Hind­les het die ka­mers met dro­ë­mu­re af­ge­skort so­dat St. Andrews weer ê­rens in die toe­koms as plek van aan­bid­ding kan dien. >>

As die weer dit toe­laat, is die pri­eel bui­te in die tuin die i­de­a­le kui­er­plek. Kloks­ge­wys van links om die ta­fel: Ka­te, Jus­tin en Ry­lan G­ri­mal­di, Jen­ni­fer en Sa­rah Hind­le (al­bei staan­de), Lau­ra Bo­w­den met C­hi­r­ho (5) op haar skoot, en Craig Buss.

Vir Kers­ver­sie­rings maak ek graag iets

uit niks: goi­ing, tak­kies, den­ne­bol­le,

saad­peu­le en af­val­stuk­kies lap.

– Jen­ni­fer

Deur Ma­ri­an van Wyk en Jo­hané Neil­son Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.