Vir Pluim­fien­tjie

Tuis - - ONS LESERS SÊ -

E­lis­ca van Zyl van Lut­z­vil­le skryf Groot was die op­win­ding toe ek ná twee seun­tjies ’n dog­ter­tjie ver­wag, want op ons Wes­kus­dor­pie is dog­ter­tjies nog­al skaars! Om­dat ek baie lief is vir naald­werk, het my vrien­din­ne dit goed­ge­dink om vir “Pluim­fien­tjie” (soos een haar ge­noem het voor sy ’n naam ge­had het) ’n kwilt te maak. Vrien­din­ne en hul dog­ters het elk­een ’n lap­pie ge­kry om iets mee te doen; daar­na is al die lap­pies aan­me­kaar­ge­werk om dié baie spe­si­a­le kwilt te maak! Ty­dens ’n heer­li­ke ooi­e­vaars­par­ty­tjie (mans, vroue en kin­ders was al­mal daar!) kry ek toe die boks met die kwilt in. On­no­dig om te sê, daar het ’n he­le paar tra­ne ge­vloei! Hoe ge­se­ënd is ek nie om sul­ke kre­a­tie­we vrien­din­ne te hê nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.