Plaas­huis, droom­huis

Tuis - - KERSFEES -

Oluf en Mi­chel­le woon nou net meer as ’n jaar hier. “Dit is heel­wat na­der aan die dorp Mid­del­burg as ons vo­ri­ge plaas en maak din­ge mak­li­ker met die kin­ders wat skool toe moet gaan,” ver­tel Oluf.

“Ons ont­wik­kel tans die grond as die G­len Cul­len- pri­vaat land­goed en wou met ons huis vir voor­ne­men­de in­wo­ners wys wat ’n voor­reg dit is om op so ’n plaas­land­goed te kan woon.”

Die oor­spronk­li­ke “plot­huis” is ge­sloop om­dat die mu­re nog van klei en mis was – dié is ge­bruik vir die nuwe ge­bou se fon­da­sie. Die E­ri­chsens het die huis vol­gens die uit­leg en voor­koms van ’n skuur be­plan – al­les moes ruim en oop wees met hoë pla­fon­ne. Oluf het som­mer self ar­gi­tek ge­speel en die huis op die ag­ter­kant van ’n ou ka­len­der ge­te­ken – hul­le het steeds dié 2011-Eas­t­de­ne Ap­teek-al­ma­nak!

BO EN OOR­KANT Die hoof­slaap­ka­mer het ’n goeie skoot Fran­se flair. Die bed en bed­kas­sies is van Le C­hâ­teau, die lam­pe van S­mi­leys at Ho­me en die mat is by ’n han­del­skou ge­koop. REGS “Ons het ’n een­vou­di­ge voor­deur uit­ge­soek so­dat jy die skuur­ge­voel...

Oluf en Mi­chel­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.