Eend­kon­fit

Tuis - - KERSFEES -

Dié re­sep volg die­self­de teg­niek as die tra­di­si­o­ne­le Fran­se con­fit de ca­nard, maar pleks daar­van om die eend in die vet te be­waar, word dit da­de­lik ge­ëet.

Ge­noeg vir: 6 Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te, plus oor­nag Gaar­maak­tyd: so­wat 3 uur Oond­tem­pe­ra­tuur: 150 °C

• 6 eend­dy-en-boud­por­sies • 25 ml sout • 15 ml C­hi­ne­se vyf­spe­se­rye • so­wat 330 g eend­vet (kry dit by Wool­wort­hs) • 3 lou­rier­bla­re • ’n paar tak­kies tie­mie • 12 mid­del­slag- Me­di­ter­reen­se aar­tap­pels, ge­skil

1 Vryf die eend­por­sies goed met die sout en spe­se­rye in en laat dit oor­nag on­be­dek in die ys­kas staan. 2 Voor­ver­hit die oond. Sit die eend­por­sies, vel­kant na on­der, in ’n en­kel­laag in ’n oond­bak en giet die vet oor. Voeg die kruie by, be­dek en sit dit in die oond vir so­wat 2 uur. 3 Sny die aar­tap­pels in kwar­te, kook tot net sag, drei­neer en voeg by die eend in die warm vet. Ver­hoog die oond­tem­pe­ra­tuur tot 180 °C en roos­ter on­be­dek vir nog ’n uur tot die eend en aar­tap­pels goud­bruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.