Ge­bak­te ca­mem­bert met bos­bes­sies

Tuis - - KERSFEES -

Ge­noeg vir: 6 saam met an­der voor­ge­reg­te Be­rei­dings­tyd: 5 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 20 mi­nu­te

• 1 groot ryp ca­mem­bert­kaas (250 g) • 4 hui­sies knof­fel • 30 g ge­droog­de bos­bes­sies • 4 tak­kies roos­ma­ryn, blaar­tjies ge­stroop • 4 tak­kies vars tie­mie, blaar­tjies ge­stroop • 2 eet­le­pels o­lyf­o­lie

Haal die kaas uit sy om­hul­sel; as jy dit in ’n hout­bok­sie ge­koop het, hou die boks. Sit die kaas op ’n stuk foe­lie wat groot ge­noeg is om dit in toe te draai en weer in die boks te sit. Maak in­sny­dings in die bo­kant van die kaas en vul dit met die knof­fel, bos­bes­sies en vars kruie. Druip die o­lie sta­dig oor. Vou die foe­lie oor die bo­kant en bak vir 15−20 mi­nu­te tot bor­rels vorm; maak die foe­lie vir die laas­te 3−5 mi­nu­te in die oond oop. Sit warm voor met kraak­vars brood.

Ge­bak­te ca­mem­bert met bos­bes­sies

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.