Ge­roos­ter­de ham

Tuis - - KERSFEES -

Die Hind­les het dié re­sep by hul vrien­de van Dargle Val­ley Pork Pro­ducts ge­kry.

Ge­noeg vir: 12 ruim por­sies Be­rei­dings­tyd: 10 mi­nu­te Gaar­maak­tyd: 3 uur plus gla­seer­tyd van 40 mi­nu­te Oond­tem­pe­ra­tuur: 180°C

• 1 x 3 kg-ham • sterk En­gel­se mos­terd­poei­er • 100 ml heu­ning • ’n paar heel na­el­tjies • lou­rier­bla­re GLASEERSEL • 200 ml bruin­sui­ker • 7 ml fyn gem­mer • 20 ml sterk En­gel­se mos­terd­poei­er • 60 ml glad­de ap­pel­koos­kon­fyt • die sous van die ge­roos­ter­de ham

1 Voor­ver­hit die oond. Sit die ham op ’n stuk foe­lie neer (blink kant bo) en vryf die vleis met die mos­terd­poei­er in. Giet die heu­ning oor die vleis en sit ’n paar na­el­tjies en ’n paar lou­rier­bla­re op die heu­ning. Vou die foe­lie los­weg oor die ham so­dat dit ’n ge­se­ël­de pak­kie vorm. Plaas die toe­ge­draai­de ham in ’n oond­roos­ter­pan en sit dit in die oond vir 1 uur per ki­lo­gram. Dié me­to­de gee die ham ’n lief­li­ke geur en sal keer dat die vleis uit­droog. 2 Haal die ham uit die oond. Ver­wy­der die vel en maak in­sny­dings in die vet (doen dit ter­wyl die vleis nog warm is). Meng die be­stand­de­le vir die glaseersel en verf dit oor die he­le ham. Sit dit vir nog so­wat 30−45 mi­nu­te in die oond en verf ge­reeld die glaseersel wat in die oond­pan ver­sa­mel daar­oor. Sit die ver­ruk­li­ke Kers-ham voor met een­vou­di­ge by­kos soos ge­bak­te aar­tap­pels en ’n tuin­slaai, en laat die be­stand­de­le die kol­lig steel.

– Jen­ni­fer KON­TAK­TE St. Andrews Retre­at 033 266 6101, standrews­retre­at.co.za Dargle Val­ley Pork Pro­ducts 082 457 0987

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.