Kas-blou­tes

Tuis - - ADVICE RAAD -

Je­an La­bu­schag­ne van Se­cun­da skryf Wat­ter verf­teg­niek en verf is ge­bruik om die ef­fek van die blou koskas op blad­sy 37 van die Ok­to­ber-uit­ga­we te kry?

Han­ni­ki Bruè­re, ei­e­naar van The Vic­to­ri­an Cow op Rie­beek-Kas­teel, ant­woord Ek het self die kleur in 2006 ge­meng en kan on­ge­luk­kig nie meer ont­hou wat die naam daar­van is nie! Ek stel voor jy koop e­ni­ge kleur blou waar­van jy hou. Ek het my blou verf des­tyds som­mer by wit ei­er­dop-e­mal­je­verf ge­meng tot­dat ek die reg­te kleur ge­kry het. Vir die eer­ste laag, verf die he­le kas met ’n groen kleur van jou keu­se. Ge­bruik room as jou twee­de laag en wend laas­tens die blou meng­sel aan. Laat dit goed droog word en skuur dan plek-plek af met ’n grow­we skuur­pa­pier so­dat jy vin­ni­ge re­sul­ta­te kan kry. Ek het glad nie kers­was ge­bruik nie en ge­skuur waar ek ge­dink het no­dig is. Ge­bruik dan ’n fy­ner skuur­pa­pier om dit af te rond. Die kas is met ge­wo­ne kleur­lo­se vloer­po­li­toer ge­se­ël; dit gee ’n prag­ti­ge sa­tyn­ag­ti­ge af­wer­king. Be­soek the­v­ic­to­ri­an­cow.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.