Top-wen­ke vir kos­ba­re kie­kies

Tuis - - RAAD -

S­heryl Be­zui­den­hout skryf Ek sal so graag ’n ou­li­ke fo­to van my brak­kie op dié blaaie wil sien, en die va­kan­sie is die i­de­a­le tyd om my kiek-ver­nuf te oe­fen. Het jul­le e­ni­ge wen­ke?

Die span van Hill’s Pet Nutri­ti­on gee raad Jy ge­bruik ba­sies die­self­de teg­nie­ke vir fo­to’s van jou hond as vir fo­to’s van wil­de die­re: Jy moet Job se ge­duld en buig­sa­me be­lig­ting hê, jy moet die dier se tem­pe­ra­ment ver­staan en be­reid wees om baie fo­to’s te neem. Hier is ’n paar nut­ti­ge wen­ke: 1 FO­KUS ’n Ka­me­ra se ou­tofo­kus­stel­sel werk doel­tref­fen­der op so­lie­de voor­wer­pe (soos ’n oog­bal of hals­band) as op ’n klos ha­re. As jou hond die he­le tyd op ver­skil­len­de af­stan­de van die ka­me­ra af be­weeg, hou aan fo­kus en her­fo­kus so­dat jy die per­fek­te oom­blik in kris­tal­hel­der re­so­lu­sie kan vas­vang die oom­blik wan­neer dit aan­breek. 2 WEES GE­DUL­DIG Moe­nie jou hond aan­jaag nie – wees rus­tig so­dat hy ook kalm bly. As jy wil hê hy moet na die ka­me­ra kyk, hou ’n ge­lief­de speel­ding bo die ka­me­ra. 3 FLITS F­lits­fo­to­gra­fie en die­re werk ge­woon­lik nie goed saam nie. Som­mi­ge hon­de skrik vir die skie­li­ke hel­der lig, en ’n flits is ge­neig om die ryk kleu­re van ’n dier se pels te “ver­bleik”. Na­tuur­li­ke lig – bui­te­lig of deur ’n ven­ster – is min­der stres­vol vir ’n hond en le­wer baie be­ter kleur­re­pro­duk­sie. 4 SA­ME­STEL­LING Be­sluit op ’n ag­ter­grond soos ’n rus­bank, ’n boom in die tuin of ’n hon­de­bed. Oor­weeg dan moont­li­ke ka­me­ra­hoe­ke: Wil jy jou hond van die kant af af­neem so­dat dit lyk of hy in­ge­dag­te is; van ag­ter af so­dat dit lyk of hy in die ver­te staar, of wil jy hê hy moet reg­uit in die lens kyk? Buk of kniel tot op jou hond se vlak – dit sal hom ont­span­ne laat voel en jou ’n be­ter skoot gee as wan­neer jy jou hond se kop van bo-af af­neem. 5 DIE BE­LANG­RIK­STE … As jy suk­kel om mooi fo­to’s te neem, hou net aan pro­beer. Hoe meer jou hond aan ’n ka­me­ra bloot­ge­stel word, hoe vin­ni­ger sal hy dit be­gin ig­no­reer en na­tuur­lik op­tree. En dis dan wan­neer jy die sko­te gaan kry wat jou hart sal laat smelt!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.