Plant hou­ers vol kleur

Tuis - - DEKLAE -

Kik­ker i in­gan­ge, stoe­pe en bui­te­kui­e­r­a­re­as op en laat jou gas­te nog meer wel­kom voel. Doen dit so: • Sit pot­te vol jaar­plan­te by ’n in­gang vir tref­krag. D­werg­gous­blom­me, sa­lie, Ni­co­ti­a­na en ys­ter­kruid hou van son, ter­wyl bed­ding­be­go­ni­as, im­pa­ti­ëns, To­re­nia, jo­sefs­kleed en kris­mis­ro­se goed sal werk in ska­du­wee. • Kies wit, room, geel, pienk, ap­pel­koos of rooi mar­griet­jies met en­kel- of dub­bel­blom­me ( Ar­gy­rant­he­mum) in vol­le blom om kits­kleur te gee in pot­te op die stoep. Hul­le sal aan­hou blom as jy ge­reeld die ou blom­me ver­wy­der. • Skep ver­ti­ka­le tref­krag op ’n stoep deur ran­ken­de plan­te in diep hou­ers te plant met tra­lies waar­teen dit kan op­groei. ’n Ou­tyd­se pot­staan­der met ver­skil­len­de vlak­ke is per­fek om pot­plan­te in ’n hoe­kie uit te stal. ’n Koem­kwat – ’n klein si­trus­boom­pie wat net oor ’n me­ter hoog word – is i­de­aal vir ’n groot pot op ’n stoep. Jy kan ook ’n ca­la­mon­din in ’n pot plant – met vrug­gies wat soos klein le­moen­tjies lyk, maak dit ’n prag­ti­ge ver­to­ning in ’n hou­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.