Roos­sorg vir De­sem­ber

Tuis - - DEKLAE -

• As jy met va­kan­sie gaan, knyp al die roos­knop­pe af wat waarskynli­k gaan blom ter­wyl jy weg is, te­sa­me met twee of drie bla­re. Knyp ook die eind­knop van el­ke sag­te, jong loot uit. Dit ver­min­der die wa­ter­be­hoef­te en ver­traag die blom­tyd tot wan­neer jy weer tuis is. Strooi ’n nuwe dek­laag rond­om jou ro­se. • Spuit ro­se met Chro­nos ge­meng met Lud­wig’s S­pray S­tay voor jy weg­gaan – dit sal die strui­ke min­stens twee we­ke teen swart­vlek be­skerm. • Maak se­ker al jou ou­to­ma­tie­se be­sproei­ing­stel­sel se sproei­kop­pe werk en dat die tye reg ge­stel is. • Gee jou ro­se ge­noeg wa­ter (sien vraag oor poei­er­meel­dou), be­mes dit met Vi­goro­sa in die mid­del van die maand, en spuit dit el­ke twee we­ke met Lud­wig’s In­sect S­pray ge­meng met Chro­nos of Ro­se Pro­tec­tor. • Ver­wy­der ge­reeld dooie blom­me.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.