E­klek­ties vo­ren­toe

Tuis - - REGRUKMET FLAIR -

“Ons huis is lek­ker deur­me­kaar en soms ’n bie­tjie cha­o­ties as dit kom by kleur en van die e­le­men­te, maar ons is mal daar­oor,” sê Fran­sa. “Dit pas goed by ons ont­span­ne leef­styl en die huis voel al­tyd ge­sel­lig. Ons ont­haal graag en die e­klek­tie­se styl ver­bloem mak­lik ’n deur­me­kaar huis!”

Die he­le op­knap het so­wat vier maan­de ge­duur, wat ook die mo­der­ni­se­ring van die in­gang en t­wee bad­ka­mers in­ge­sluit het. Die huis, waar­voor hul­le maar R1,3 mil­joen be­taal het, is nou am­per dubbel so­veel werd, dank­sy die ge­sog­te a­rea waar­in dit ge­leë is.

Vol­gen­de aan die beurt is die bui­te­ka­mers en mo­tor­huis wat ’n nu­we la­gie verf en vloer­te­ëls kort, as­ook ’n af­dak oor die stoep.

“As ons te­rug­kyk, was al­les die moei­te werd,” sê Fran­sa. “Ons het ’n huis waar­in ons kan leef. Dis nie spog­ge­rig nie, maar ge­sel­lig. Dis óns.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.