Bo of on­der?

Tuis - - BESPROEIIN­G -

As jy ’n spuit­stel­sel kies is py­pe bo die grond aan­vank­lik min­der werk, maar dit lyk le­lik en die py­pe sal met ver­loop van tyd ska­de kry weens bloot­stel­ling aan die son. Maar ten min­ste kan jy dit sien en word die py­pe nie som­mer raak­ge­spit ter­wyl jy of die tuin­diens bed­dings skoon­maak nie. Nie­mand soek ’n on­ver­wag­se fon­tein in die roos­bed­ding nie.

As jy ’n meer for­me­le tuin het (of ’n la­bra­dor wat aan al­les kou), is on­der­gronds be­slis be­ter. Maar moe­nie lyf weg­steek nie. Gra­we diep – min­stens 30 cm – an­ders kan jy jou maar reg­maak dat ’n pyp kort-kort raak­ge­steek word. En dis hier waar jou pyp-plan by punt 2 baie be­lang­rik is; só spaar jy jou baie on­no­di­ge gra­we- en las­werk.

Hoe­veel?

Spui­te moe­nie te ver uit­me­kaar wees nie, sê Ger­hard. Wan­neer die kraan oop is, moet die a­re­as wat per spuit­jie nat­ge­maak word, 100% oor­vleu­el, an­ders kry jy droë kol­le in jou bed­ding of gras­perk. Gaan dus die sprei­wyd­te van spui­te op die win­kel­rak na.

As jy te min spui­te het, kan die druk in jou be­sproei­ing­stel­sel te hoog wees en kry jy ’n fyn mis­sproei wat net in die wind ver­dwyn. Te veel spui­te is soos ’n tuin­slang met baie ga­te in: Dit ver­laag die druk, wat be­te­ken wa­ter uit die spui­te val nie ver ge­noeg nie, en dan is daar droë kol­le in die bed­dings. Ont­hou Neem die wa­ter­druk in jou a­rea in ag wan­neer jy jou be­sproei­ing­stel­sel be­gin aan­lê. As die druk laag is moet jy min­der spui­te per lyn ge­bruik en het jy dus meer be­sproei­ings­ly­ne no­dig. Met ho­ër druk kan jy meer spui­te per lyn in­sit en het jy min­der ly­ne no­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.