Be­sproei­ing Al­les wat jy moet weet

Tuis - - CONTENTS -

Deur Ma­rié Ester­huy­se Fo­to’s Fran­cois O­ber­hol­ster

Skets Ja­ne Kotze As jy wil tuin­maak, moet jy nat­maak. Volg ons vyf­punt­plan as

jy dalk dié so­mer ’n be­sproei­ing­stel­sel

wil aan­lê.

Dis ’n ou-ou de­bat: Spuit jy jou tuin nat met die hand, of in­stal­leer jy ’n be­sproei­ing­stel­sel? Die tuin­slang-b­ri­ga­de hou voet by stuk: Self nat­gooi is ont­span­nend, en jy spaar wa­ter. Maar die­ge­ne met be­sproei­ing­stel­sels sê die reg­te in­stal­la­sie is meer wa­ter­wys en min­der moei­te.

As jou keu­se ’n be­sproei­ing­stel­sel is, be­na­der dit reg en jy sal ’n lo­wer­groen tuin hê, son­der kom­mer.

Be­plan

“Goed be­gon­ne is half ge­won­ne.” So sê Ger­hard Cron­jé van Ei­ke­stad Be­sproei­ing. Want die ge­heim met ’n nu­we be­sproei­ing­stel­sel is: Be­plan!

Voor jy win­kel toe gaan, vra jou­self af wat jy wil hê: drup­ly­ne of ’n be­sproei­ing­stel­sel met spui­te. Kies jy ’n drup­lyn­stel­sel, oor­weeg die vol­gen­de: Voor­deel Vol­gens Ger­hard spaar drup­ly­ne wa­ter om­dat die drup­lyn by die plant se wor­tels wa­ter gee. So waai geen wa­ter weg of ver­damp dit nie. By groot bo­me, in be­knop­te a­re­as waar daar baie pla­vei­sel is of al met ’n op­rit langs werk drup­ly­ne die bes­te. Na­deel Die py­pe wat vir drup­be­sproei­ing ge­bruik word, is onooglik, want dit lê meest­al bo-op die grond. Sou jy die py­pe be­gra­we, moet dit baie vlak wees, an­ders werk die stel­sel nie; maar dan kan jy die py­pe mak­lik met ’n tuin­vurk raak­steek. In ’n tuin met ’n na­tuur­li­ke voor­koms waar die plan­te som­mer­so bo-oor die py­pe groei, sal py­pe bo-op die grond nie so­veel pla soos in ’n net­jie­se en meer for­me­le tuin nie.

Hou ook in ge­dag­te: Dit neem lan­ger om ’n tuin met ’n drup­lyn­stel­sel nat te lei as met bo­grond­se spui­te. Dis ook heel­wat duur­der om te in­stal­leer, want jy het baie ly­ne in ’n groot bed­ding no­dig. Drup­ly­ne werk die bes­te as hul­le so­wat 40 cm uit­me­kaar lê; werk uit hoe­veel jy no­dig het na ge­lang van die groot­te van die bed­dings wat jy met die stel­sel wil nat­lei.

Te­ken ’n prent­jie

On­ge­ag of jy ’n spuit- of drup­stel­sel kies, be­sluit voor­af op die uit­leg van die py­pe. So weet jy wat­ter en hoe­veel pyp en ver­bin­ding­stuk­ke jy moet koop

en kan jy wa­ter – en baie frus­tra­sie – spaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.