On­der­houd­py­ne

Tuis - - LESERHUIS -

Of hul­le ooit die huis sal af­breek, is ’n vraag vir die vol­gen­de ge­slag, sê Jo­an­na. Man­dy laat weet die woord “af­breek” is dalk bie­tjie dra­ma­ties, maar hul­le mag dalk uit­brei. Die erf is ge­luk­kig 800 m² groot. “Maar ons sal al­tyd iets van die ge­skie­de­nis saam met die nu­we be­hou,” sê sy. Oor die ja­re het die huis baie aan­slae van s­torm­win­de en re­ën weer­staan. Mar­tin is die een wat hom die mees­te oor die on­der­houd be­kom­mer, sê Jo­an­na. “Die groot­ste pro­bleem is eint­lik die huis se groot­ste ba­te – die na­by­heid aan die meer. Die ve­ran­da se muur het ’n paar jaar te­rug ver­skuif en die vloer het ge­volg­lik ge­sak, maar ge­luk­kig kon Mar­tin dit weer op­vul en reg­maak.

“Wan­neer ons ook al daar va­kan­sie hou, doen al­mal maar ’n bie­tjie op­knap­werk – ge­woon­lik verf!”

Ou en nu­we her­in­ne­rin­ge

“Ek het die ge­not daar­van ge­had om te sien hoe my kin­ders die klein din­ge­tjies in die le­we leer ge­niet soos om op die sand te hard­loop, skaam­krap­pe te soek en die rots­poe­le te ver­ken. En nou het ek die voor­reg om te sien hoe my klein­kin­ders die­self­de ont­dek­kings maak,” ver­tel Jo­an­na.

Op haar beurt sê Man­dy: “Dis so ’n voor­reg om van­dag my eie kind hier­heen te kan bring. Want wat­ter an­der plek het see­perd­jies? En ’n ge­hei­me pad deur die grot­te, en ’n blaas­gat en sto­ries oor skeeps­wrak­ke …

“Ek dink die plaas­li­ke in­wo­ners hou daar­van dat ons huis nog die­self­de as ’n hon­derd jaar ge­le­de lyk. Daar is net so­veel ge­moeds­rus in ’n land­merk wat nie ver­an­der het nie – net soos Die Kop­pe. Daar is iets egs daar­in om ’n plek te aan­vaar soos dit is. Ek dink ’n mens noem dit ka­rak­ter, en daar­van het ons huis ho­pe.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.