Be­kis­ting­bord en verf

Tuis - - RAAD -

Lou van der Mer­we van De Rust skryf Ons is be­sig om ’n staal­stoor in ’n huis te om­skep. Die vloer van die sol­der­ver­trek is be­kis­ting­bord (“shut­ter­ply”), wat ook as die pla­fon vir die kom­buis en bad­ka­mer on­der gaan dien. Ons wil graag die “pla­fon” verf of af­wit so­dat ons steeds die grein van die hout kan sien. On­ge­luk­kig kry ons sul­ke uit­een­lo­pen­de raad by han­de­laars en ken­ners dat ons nie meer weet wat­ter kant toe nie. Kan jul­le dalk help?

Karin Cronje van Hands on Cre­a­ti­ve Buil­ding and Ma­na­ge­ment ant­woord Met ’n bie­tjie moei­te kan jul­le wel die be­kis­ting­bord verf en af­werk en so­doen­de ’n net­jie­se pla­fon skep. Dié hout is ge­neig om baie klein fyn haar­tjies op te hê en jy sal dit met ’n fyn ka­bi­net­skuur­pa­pier glad­der moet skuur – ge­bruik ’n e­lek­trie­se skuur­ma­sjien, an­ders gaan dit ure neem!

Daar is t­wee teg­nie­ke of pro­duk­te wat ek ge­toets het om ’n af­ge­wit­te voor­koms op dié bor­de te ver­kry. Ek stel voor jy toets ook eers op ’n klein stuk­kie be­kis­ting­bord.

Gaan só te werk: • Skuur die bor­de deeg­lik met ’n fyng­rint­skuur­pa­pier (tus­sen 280 en 320). • Vee of stof­suig die bor­de deeg­lik skoon. • Verf dan met een van t­wee pro­duk­te: ’n Laag Plascon Wall & All (ver­dun met wa­ter) of Har­le­quin se Whi­te Wash-verf met ’n wa­ter­ba­sis. Die eind­pro­duk sal die­self­de wees. In­dien jy Wall & All ge­bruik, gaan jy die verf wel min ge­noeg kan ver­dun om nie te veel lae hoef aan te wend nie. Ont­hou dat al t­wee wa­ter­ba­sis­pro­duk­te in die hout gaan in­trek; toets dus voor­af hoe­veel lae jy moet aan­wend vir die ge­wens­te ef­fek. • Wag tot­dat dit droog is en skuur die haar­tjies lig­gies af – daar gaan waar­skyn­lik nou nog meer wees ná die ver­we­ry. Verf ’n twee­de laag van die pro­duk wat jy ge­kies het. Her­haal die pro­ses tot­dat jy ge­luk­kig is met hoe­veel van die hout­grein ver­bloem is. • So­dra die bor­de droog is, kan jy dit se­ël (ver­al bo die bad­ka­mer) met ’n paar lae So­ve­r­eign Se­al van Alu­ma­na­ti­on. Dit is ook ’n wa­ter­ba­sis­pro­duk en lyk soos melk. Verf so­veel lae as moont­lik aan tot­dat ’n la­gie oor die he­le bord sig­baar is. >>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.