Die pro­ses

Tuis - - DEKOR -

Met die hulp van Ka­rin Cron­jé van Hands On Cre­a­ti­ve Buil­ding and Ma­na­ge­ment het die werk in al­le erns be­gin.

Ka­rin het die be­staan­de e­lek­trie­se dra­de vir krag­pun­te en lig­te na ’n ge­rief­li­ker plek her­lei so­dat dit be­ter by die po­si­sie van die bok­kieta­fel kon pas.

Om die ruim­te te i­so­leer is ’n dub­bel­laag I­sot­herm- ter­mie­se i­so­le­ring tus­sen die be­staan­de ver­ti­ka­le lat­te van die Wen­dy­huis ge­plaas en vas­ge­sit met ho­ri­son­ta­le hout­lat­te van 38 x 38 mm. Die lat­te dien ’n dub­be­le doel: Bui­ten dat dit die I­sot­herm in plek hou, bied dit ook ’n op­per­vlak waar­op die 12 mm-gips­bord aan die bin­ne­kant ge­heg kan word. Die gips­bord, wat ook vir die pla­fon ge­bruik is, is met gips­muur­skroe­we vas­ge­sit.

Die 1,2 x 2,4 m-gips­bor­de het am­per per­fek in die Wen­dy­huis ge­pas en waar dit ge­saag moes word, is af­val­stuk­kies ge­bruik om klei­ner a­re­as, soos rondom die lig­ska­ke­laar, te be­dek. Hout­stro­ke, wat met pa­neel­spy­kers in plek ge­hou is, is ge­bruik om e­ni­ge on­vol­maakt­he­de te ver­bloem waar die bor­de ge­las is, as­ook op on­ge­ly­ke saag­ly­ne.

Daar­na is die vloer deeg­lik ge­skuur, met ’n grond­laag ge­verf en toe af­ge­rond met Plas­con Floor Paint in C­har­co­al. Bui­te is ’n Woodoc-bui­te­se­ë­laar ge­bruik wat sub­tiel by die tuin in­ska­kel. REGS Dek­stro­ke is met pa­neel­spy­kers vas­ge­kap oor las­plek­ke en waar on­vol­maakt­he­de ver­bloem moes word. Wenk Vir ’n Wen­dy-huis bied die 12 mm-gips­bord be­ter i­so­le­ring as 6 mm- of 9 mm-bord.

Twee­de­hand­se stoel af­ge­rond met An­nie Sloan-verf in die k­leu­re En­g­lish Y­el­low en Pro­ven­ce; praat­bor­rel van kurk R99, groen her­windrom R399,99, Mr Pri­ce Ho­me

Hands On Mr Pri­ce Ho­me

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.