Spe­si­a­le teg­niek

Tuis - - RAAD -

Samantha Mat­her van K­waZu­luNa­tal skryf Ek is dol oor die verf­teg­niek op die muur op jul Maart 2014-voor­blad – hoe maak mens?

S­han­dor Da­o­lio van S­han­dor Da­o­lio Paint Techni­ques ant­woord Daar is ver­skeie ma­nie­re om ’n glad­de, sy­ag­ti­ge af­wer­king te kry. Die teg­niek moet liefs met o­lie­ba­sis-produkte ge­doen word, om­dat wa­ter­ba­sis-produkte een­vou­dig nie die­self­de re­sul­taat le­wer nie.

Eer­stens moet jy die mu­re voor­be­rei deur t­wee dik, e­we­re­di­ge lae Plas­con Cashme­re of Dou­ble Vel­vet in G­re­ci­an Whi­te te verf. Jy kan ook d­rie lae Du­lux Silk of Pro­moSa­tin in ’n soort­ge­ly­ke kleur ge­bruik. Laat dit vir ’n dag droog word voor jy die stap-vir-stap­aan­wy­sings volg, maar ont­hou, dit is net rig­ly­ne – hoe meer jy jou eie verf­teg­nie­ke be­gin toe­pas, hoe meer on­der­vin­ding en self­ver­troue sal jy kry: 1 Be­rei die vol­gen­de meng­sel in ’n hou­er voor: e­mal­je­verf in die kleur van jou keu­se (ek het Plas­con Ma­y­an S­to­ne ge­bruik); meng so­wat t­wee der­des verf met een der­de Plas­con-ne­wel­gla­suur en ter­pen­tyn. Dit is jou hoof­kleur­meng­sel. 2 Sit ’n bui­sie Raw Um­ber-o­lie in ’n twee­de hou­er en ’n buis o­lie­verf in die kleur Pay­nes Grey in ’n der­de hou­er by; al­bei is by kuns­win­kels be­skik­baar. Dit is jou t­wee se­kon­dê­re k­leu­re. 3 “Was” die hoof­kleur in k­lein sir­kel­be­we­gings met kaas­doek aan die muur – werk los­weg om ’n so­lie­de kleur te ver­my. Verf ook k­lein de­le op ’n slag so­dat die verf nie droog word voor jy jou se­kon­dê­re k­leu­re by­voeg nie. Wees net ver­sig­tig om nie in vier­kan­te te werk nie; so ver­my jy k­leur­blok­ke. 4 Ge­bruik ook kaas­doek vir die Raw Um­ber en grys. Wend dit in groe­we en hoe­ke aan om ’n ver­weer­de voor­koms te skep. 5 Vat ’n dro­ë­ri­ge lap en doop dit in die hoof­kleur­meng­sel, en pa­raf­fien as jy dit ver­kies, en wend dit weer op se­ke­re plek­ke op die muur aan om ’n teks­tuur­voor­koms te skep. Die pa­raf­fien help ’n meer ver­ou­der­de voor­koms en pa­ti­na skep. Die lap moet dro­ë­rig wees so­dat jy nie die kleur ver­wy­der wat jy reeds aan­ge­wend het nie. Ont­hou, pa­raf­fien ver­geel net soos lyn­o­lie; moet dit dus nie met groen of geel to­ne ge­bruik nie. 6 Die ge­heim is om baie vin­nig te werk en die k­leu­re te meng so­dat dit fout­loos saam­smelt. Be­weeg vin­nig aan na die vol­gen­de deel en her­haal die pro­ses – jy sal leer soos wat jy aan­gaan. 7 Soms werk ek met nog meer k­leu­re, soos Burnt Sien­na, Burnt Um­ber en In­di­an Red, te­sa­me met bui­se verf wat ek met pa­raf­fien en/of lyn­o­lie meng. 8 Ge­bruik laas­tens ’n bor­sel van natuurlike ve­sels om e­ni­ge lyne te ver­sag. KON­TAK S­han­dor Da­o­lio, 082 892 8926

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.