So het hy dit ge­doen

Tuis - - KLEINTUINE -

• ’n Muur is ge­bou om die ruim­te wat die bin­ne­hof sou word van die straat en die voor­tuin te skei. • Die grond in die bin­ne­hof is met klip­blok­ke ge­pla­vei, ver­sag deur mon­do­gras ( Ophi­o­po­gon ‘Kyo­to dwarf’) tus­sen­in. • Die klip­te­ma is her­haal in die muur ag­ter die fon­tein; dit sluit aan by die pla­vei­blok­ke. ’n Pom­pie in die dam sir­ku­leer die wa­ter ter­wyl die plan­te – dwerg­pa­pi­rus ( Cy­pe­rus pro­li­fer) en Co­lo­ca­sia es­cu­len­ta – en vis­se in die dam­me­tjie dit skoon hou. As dit reg­tig moet, ge­bruik Wou­ter E­fek­to Pond Cle­ar om die wa­ter weer hel­der te kry. • Die bu­re se Fi­cus mi­cro­car­pa ‘Ha­waii’ is la­er ge­snoei vir ’n ne­tjie­se ag­ter­grond. • In die steeg is ’n sy­pel­ri­ool in­ge­sit vir drei­ne­ring. Die ou se­ment­paad­jie is ver­vang met bruin gruis be­grens met hout­sky­we. • Be­sproei­ing is in­ge­sit: struikspui­te tus­sen die ho­ër­groei­en­de plan­te in die bin­ne­hof en op­springspui­te vir die laag­groei­en­de plan­te in die steeg. • Plan­te is so ge­kies dat hul blare die ruim­tes dwars­deur die jaar in­te­res­sant hou met hul kleur, teks­tuur en ver­skil­len­de vorms. Blom­me soos Fuch­si­as (wat sui­ker­bek­kies lok), vark­o­re wat meestal self op­ge­kom het, P­lec­trant­hus ‘Mo­na Lavender’, New Gui­nee-im­pa­tiens en arm­man­sor­gi­deë gee weer sei­soe­na­le kleur. • Blad­wis­se­len­de bo­me wat nie te groot word nie hou die steeg koel in die so­mer en laat meer lig deur in die win­ter. Die prag­ti­ge wit stam­me, k­lein blare en die mooi herfs­kleu­re van die ber­ke­bo­me maak dit el­ke sei­soen iets om na te kyk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.