’n Tyd­sa­me pro­ses

Tuis - - LESERHUIS -

So tus­sen die ge­woel in die tuin, wat van­dag ’n groen lus­hof is met ’n sny­tuin waar haar vrien­din­ne el­ke jaar kom St. Jo­sefs­le­lies pluk, het sy die te­le­vi­sie­ka­mer se ven­ster met ’n deur ver­vang, die eer­ste van d­rie bui­te­deu­re wat sy oor die ja­re by­ge­voeg het so­dat die huis en die tuin ’n ge­heel kan vorm.

Dit was ’n s­ta­di­ge be­gin, maar 12 jaar ge­le­de het haar ar­gi­tek­in­stink die oor­hand ge­kry en kon sy be­gin wer­skaf om die 19de-eeu­se huis in pas met die 21ste eeu te b­ring. Wou­ter en Il­l­ze het al­les self ge­doen, met net die hulp van ’n mes­se­laar. “Ek het ge­help bou en mes­sel, klip­pe in­ge­kap …” ver­tel sy.

Die leef­ver­trek­ke vloei nou lo­gies van die sit­ka­mer na die kom­buis, wat die groot­ste ver­an­de­ring was en nou al vyf ge­sins­le­de se guns­te­ling-ver­trek is. Die oor­spronk­li­ke kom­buis was ’n wa­re weg­steek­ver­trek aan die ag­ter­kant – dees­dae die twee­ling se slaap- en bad­ka­mer. Die Mul­lers het dit na die voor­kant ver­skuif, waar voor­heen ’n for­me­le sit­ka­mer was. “Dis nou ’n heer­li­ke ver­trek met ven­sters in d­rie rig­tings, wat jou na­der aan die om­ge­wing laat voel. Wou­ter kan sy boer­de­ry deur die ven­ster dop­hou!”

Die plaas­le­we pas Il­l­ze en Wou­ter soos ’n hand­skoen. “Ek en A­net bak graag – nie om­dat ons ver van Wool­ies is nie, maar om­dat ons reg­tig daar­van hou. Die plaas­le­we leer jou om baie din­ge self te doen en moe­dig ’n meer or­ga­nie­se leef­styl aan.

“Ek is al­e­wig aan die skep en ver­an­der; die moont­lik­he­de om jou uit te leef en jou stem­pel op jou bly­plek af te druk is ein­de­loos op ’n plaas. Ons is be­wus van die na­tuur, die rus­tig­heid, die ruim­te en waar­deer el­ke oom­blik hier. Dis rég­tig ‘ho­me sweet ho­me’ en ons wil nê­rens an­ders woon nie!” >>

REGS “Kui­er­plek vir al­mal – fa­mi­lie, vrien­de, par­ty­tjies én fa­mi­lie­trou­es,” is hoe Il­l­ze die kom­buis met sy se­ment­werk­vlak­ke be­skryf. Die swart lei­klip­vloe­re skep ’n rus­ti­ge at­mos­feer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.