Ver én na­by ge­noeg

Tuis - - LESERHUIS -

Ro­sen­dal is so­wat 300 km uit Jo­han­nes­burg en ’n half­uur se ry van Ficks­burg, vir dié t­wee net mooi “na­by en ver ge­noeg” van al­les. Met net 70 per­ma­nen­te in­wo­ners, waar­van so­wat 10 vol­tyd­se kuns­te­naars is, is die dor­pie ’n kre­a­tie­we pa­ra­dys. Daar’s ’n paar ga­le­rye, ’n skat­kis van oud­he­de in die an­tiek­win­kel, we­wers, ’n glas­ma­ker, ie­mand wat kuns raam, ’n Duit­se de­li en re­stau­rant langs die hoof­saak­lik grond­stra­te. Stads­ja­pies met ’n lief­de vir die stil­te, kuns en die na­tuur kom graag hier­heen, en dank­sy die uit­sig op die Wit­te­ber­ge – maak nie saak waar jy jou in die dor­pie be­vind nie – gaan ’n mens maar swaar huis toe aan die ein­de van ’n kui­er.

Saans kan jy jou ver­kyk hoe die ske­mer­lig die veld en ber­ge ver­kleur voor die plat­te­land-hel­der ster­re die nag­he­mel blink poets.

Hen­riet­te het meestal in Jo­han­nes­burg groot­ge­word, maar het ja­re in Eu­ro­pa ge­bly. Dahla het groot­ge­word in Na­mi­bië en ook tyd oor­see deur­ge­bring. “Voor 30 was ek ’n gyp­sy. As op­ge­lei­de vlie­ë­nier wou ek A­fri­ka sien en die wê­reld plat­reis. Nou is ek te­vre­de om ’n ba­sis te hê. En hier is ’n won­der­li­ke sim­bi­o­se tus­sen oud en nuut, boe­re en kuns­te­naars, kon­ven­si­o­neel en ek­sen­triek, ge­bor­gen­heid en in­di­vi­du­a­lis­me; die eenvoud, die vry­heid, die spa­sie.” Voor en langs die huis is ’n dorps­meent waar­op nie­mand mag bou nie. Die e­nig­ste bu­re wat hul­le daar tuis­maak, is bees­te, rooi­meer­kat­te, ta­ren­ta­le en al­ler­lei ge­veer­des. “Ro­sen­dal voel soos ’n plaas, soos A­fri­ka, maar by tye in die jaar lyk dit soos Eu­ro­pa – a­sem­ro­wend,” ver­tel Dahla.

KON­TAK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.