Hoe ge­maak met ’n blok­kies­vloer?

Tuis - - RAAD -

Natasha Ven­ter van Be­no­ni skryf Ek het my huis be­gin op­knap en het ont­dek daar is ’n blok­kies­vloer on­der die mat. Ek is nie se­ker nie, maar ek ver­moed dis R­ho­de­sie­se ki­aat. Ek het al die gom af­ge­krap en moet nou die vloer se­ël, maar ek wil graag hê die hout moet sy kleur be­hou. Ek is bang dit is don­ker­der na­dat die ver­nis aan­ge­sit is. Wat stel jy voor? d­rie ruim lae Woodoc Wa­ter-Bor­ne Floor Se­a­ler (dek­king is 3,3 m2 per li­ter vir d­rie lae) met ’n kwas van goeie ge­hal­te aan. Laat el­ke laag droog word voor jy die vol­gen­de een aan­wend. Die pro­duk moet on­ver­dun reg­uit uit die blik aan­ge­wend word.

Let asseblief daar­op dat Woodoc Wa­ter-Bor­ne Floor Se­a­ler vin­nig droog word; laat ’n e­we­re­di­ge, nat laag dus heel­te­mal droog word son­der e­ni­ge ver­steu­ring in dié tyd. Maak se­ker daar is goeie ven­ti­la­sie ty­dens die droog­word­pro­ses.

’n Baie lig­te skuur ná die eer­ste laag word aan­be­veel. Woodoc Wa­terBor­ne Floor Se­a­ler dring eers diep in die hout in om ’n se­ël­laag te vorm. Die eer­ste laag tree dan op as ’n ba­sis waar­op die fi­na­le lae bou ten ein­de die op­per­vlak te be­skerm. Die dik­te van die film op die hout-op­per­vlak be­paal hoe goed dit die hout teen krap- en skuur­mer­ke be­skerm. Vir die beste re­sul­taat moet jy se­ker maak dat jy die eer­ste keer ge­noeg se­ë­laar aan­wend om die hout heel­te­mal te deur­week. As dit ge­doen is, sal die twee­de en der­de laag on­deur­dring­baar wees en sal dit op­bou tot ’n be­sker­men­de op­per­vlak-film.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.