Op­sie #1 Nu­we vorm

Tuis - - RAAD -

1 Be­klee die voor- en sy­kan­te van die kag­gel met ’n boks­struk­tuur van dro­ë­muur­pa­ne­le. Dit sal jou kag­gel mo­der­ner laat lyk en kan boon­op ver­wy­der word in­dien ’n vol­gen­de ei­e­naar die oor­spronk­li­ke voor­koms sou ver­kies. 2 Verf die nu­we “boks” in ’n sterk ak­sent­kleur soos Tar­ra­gon Glo­ry 2 van Du­lux. 3 Plaas ’n e­ko­vrien­de­li­ke Bi­o­fi­re in die kag­ge­l­o­pe­ning. Dié bran­der be­staan uit ’n glas­si­lin­der met ’n dan­sen­de vlam; dit werk met bi­o­brand­stof – ’n plant­pro­duk wat met ’n hel­der vlam brand en geen rook of gas­se af­gee nie. Rond dit af met ’n prag­ti­ge s­mee­ys­ter-roos­ter van Cur­teis Brot­hers. Hoe­wel ’n Bi­o­fi­re ’n bron van hit­te is, is dit nie ’n plaas­ver­van­ger vir ’n ver­hit­ting­stel­sel soos ’n kag­gel of ver­war­mer nie, maar dit skep ’n styl­vol­le fo­kus­punt en jy kan kies uit ver­skil­len­de voet­stuk­ke so­dat dit net­jies by jou ver­trek kan in­pas. 4 Gee jou kag­gel diep­te deur dit af te rond met ’n gips­vorm soos ’n Ha­rold­pro­fiel of ’n De­co-kag­ge­lom­ran­ding van Plas­ter Art. 5 Die nu­we ruim­te wat voor die kag­gel ge­skep word, gee jou die ge­leent­heid om die TV-skerm ho­ër op te skuif. As jy dié t­wee e­le­men­te (kag­gel en TV) skei, sal dit die voor­koms ver­sag en die il­lu­sie van meer ruim­te skep. 6 Laat rus her­win­de plan­ke aan weers­kan­te van die kag­gel op gipskor­be­le van Park La­ne Dé­cor of ge­verf­de hout­kor­be­le van Hou­se of Cor­bels. 7 Ver­vang jou lig­toe­be­ho­re – kyk uit vir iets met per­soon­lik­heid, soos dié muur­lig van glas en me­taal wat ons by A­fri­can Af­fair raak­ge­loop het.

Op­sie #2

VER­SKAF­FERS Bi­o­fi­res Hou­se of Cor­bels Park La­ne Dé­cor

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.