Ou­dorps, soos dit be­doel was

Tuis - - LESERTUIN -

Dit was ver­al die ou peer­bo­me wat sy hart ge­steel het – en die ou klip-lei­voor.

“Lei­wa­ter dwing jou om op ’n se­ke­re ma­nier tuin te maak, en ek wou die ou­dorp­se ge­voel uit­brei. Soos dit be­doel was.”

Sy o­lyf­boord was vir hom ’n nu­wig­heid, maar het by die peer­bo­me ge­pas. “Dit het my op­ge­val dat Me­di­ter­reen­se en half­woes­tyn-plant­soor­te re­de­lik goed in die Bo-Ka­roo aard. Plek­plek be­gin my tuin voel soos ’n plek­kie in Pro­ven­ce, Frank­ryk.”

Nou staan sy o­lyf­bo­me hoog, die sout­bos maak ’n hei­ning en die plak­kies, shas­ta­ma­de­lie­fies en ro­se blom.

“Sog­gens sit ek ag­ter in die tuin en werk; daar an­der­kant die o­lyf­boord, on­der die peer­bo­me. Dis ’n hei­li­ge plek vir my.”

Die Bo-Ka­roo se vo­ël­le­we is ver­stom­mend, ver­tel De­on. “Hier is wit­kruis­a­ren­de, swa­el­soor­te, by­e­van­gers, wit­gat­spreeus, eend- en duif­soor­te, muis­vo­ëls, val­ke, mos­sies, vin­ke … Jy moet stil raak om die won­der hier­van te er­vaar.”

Sog­gens om agt­uur wag die vo­ëls hom al in wan­neer hy ’n be­ker saad in die tuin uit­gooi.

“Die groot­ste ver­ras­sing is die tien­tal­le sui­ker­bek­kies of jan­groen­tjies wat net uit die blou­te hier ver­skyn wan­neer die buis­blom­soor­te – dié wat nek­tar maak – blom. Ek plant daar­om nou heel­wat meer hier­van aan.” >>

REGS BO Tus­sen die funk­si­o­ne­le en ont­span­ning­s­tuin kweek De­on vet­plan­te in ou e­mal­je­hou­ers – ’n tref­fen­de fo­kus­punt. ON­DER Die vy­e­boom is aan die voor­kant van die funk­si­o­ne­le tuin by De­on se o­lyf- en ap­pel­koos­bo­me ge­plant. Voor is ’n bed­ding vy­gies – een van die beste grond­be­dek­kers, sê De­on. Die stok­ke in die em­mer is Mei 2014 se snoei­werk, en kom van ’n paar jong ap­pel­koos­bo­me. Die rooi kleur maak ’n mooi fo­kus­punt van die ou em­mer en gie­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.