Die res­te van die piek­niek

Tuis - - AGTERBLAD -

Ri­a­na S­chee­pers ken ’n mor­sjors uit aan dit wat van sy kui­er­ta­fel af kom.

Al­mal hou van piek­niek. Ie­mand wat nié van ’n piek­niek hou nie, is ie­mand son­der hu­mor­sin en a­von­tuur­lus. Ek raai sul­ke men­se hou waar­skyn­lik ook nie van li­me­rie­ke (al­tyd ef­fens stout) of seks (al­tyd ’n bie­tjie a­von­tuur­lik) nie; en wat is die le­we nou son­der po­ë­sie en ro­man­tiek?

Om in die buitelug te wees en ’n mand­jie oop te maak is een van die groot­ste vreug­des van die le­we. ’n Mooi plek­kie in die na­tuur, smul­ver­ras­sings mooi ver­pak, ’n bot­tel koue wyn, en die le­we is ’n be­ter plek. Daar hoef nie eens vrees­lik def­ti­ge kos uit die mand­jie te kom nie – net ’n hard­ge­kook­te ei­er en ’n soet­suur hoen­der­vler­kie sal doen. Selfs die vo­ri­ge aand se braai­brood­jie, wat ge­woon­lik die vol­gen­de og­gend nié baie lek­ker is nie, smaak vo­ren­toe as jy dit bui­te eet. Ê­rens in die klip­ber­ge van die Tank­wa wan­neer die son op­kom, met ’n fles moer­kof­fie wat in die rug­sak saam­ge­dra is. Man, hoe wa­ter my mond nou vir ’n koue braai­brood­jie. Vir ’n son wat op­kom oor die oer­land­skap van ons mooi­ste Ka­roo. En my man wat vir my moer­kof­fie in ’n be­ker s­kink en ver­sig­tig neer­sit op ’n plat klip. Maar nie al­le men­se wat piek­niek hou, is ou­li­ke men­se nie. Die­ge­ne wat my ken, weet dat ek ’n haat­pas­sie het: rom­mel, en rom­mel­strooi­ers – daar­die men­se wat son­der ge­we­tens­wroe­ging bot­tels en pa­pie­re en blik­ke neer­smyt. Die ge­volg van my arg­waan in rom­mel is dat ek al­e­wig an­der men­se se ge­mors op­tel. Nie­mand an­ders gaan dit doen nie; daar­om doen ek dit maar. Ek bly op ’n kus­dor­pie wat be­kend is vir sy net­heid. Vir my is dit ’n vreug­de son­der weer­ga om nie heel­dag in rom­mel vas te kyk nie. Maar va­kan­sie­tye en na­we­ke kom ’n an­der spe­sie van die mens­dom hier­heen: va­kan­sie­gan­gers. Hul­le is van har­te wel­kom om ons dorp se skoon­heid te ont­dek, maar som­mi­ge van hul­le is – on­ge­luk­kig – rom­mel­strooi­ers.

Reg voor my huis is daar ’n i­dil­lie­se plek­kie teen die strand­meer. Daar’s ’n ge­rief­li­ke loop­plank wat jou vei­lig oor die wa­ter neem, en ’n lek­ker kui­er­ban­kie. En ’n vuil­goed­drom. Maan­dag­og­gend stap ek die paad­jie met ’n lied in my hart. Maar toe gaan staan my hart, en die lied ver­dwyn. Want die i­di­o­te wat die vo­ri­ge dag daar piek­niek ge­hou het, het be­sluit die vuil­goed­drom is vir die vo­ëls; dis ou­kei om hul rom­mel in die wa­ter te gooi.

Nie­mand an­ders as ek gaan dié ge­mors op­tel nie, dus draai ek maar te­rug en gaan haal ’n swart sak. En my klein­seun Dirk se vis­ne­tjie. Dis Maan­dag­og­gend agt­uur, en ek lê plat op my maag en skep die ge­mors uit die wa­ter. Ek pak al­les wat ek uit die mod­de­ri­ge wa­ter op­diep op die loop­plank uit. Dis ’n vreem­de ge­sig. Daar is selfs ’n ma­ka­be­re soort skoon­heid daar­aan, want my piek­niek­gan­gers was ken­ne­lik men­se met baie geld. Hul­le het nie von­kel­wyn ge­drink nie, maar sjam­pan­je. T­wee bot­tels Fran­se sjam­pan­je, sjloep kom dit uit die mod­der los. ’n Leë bok­sie baie duur sjo­ko­la­de, mét die pa­pier­tjies wat el­ke de­li­ka­te truf­fel­tjie ver­pak het, een vir een in die skep­net. Die leë hou­ers van de­li-kos: salm­pa­tee en hoen­der­boud­jies en mi­ni-qui­che’e. Nog ’n bot­tel word op­ge­diep: in­ge­voer­de room­li­keur. Dit was ’n lek­ker par­ty­tjie, dié! Daar kom nóg goe­ters uit die wa­ter, en ek tel dit ook maar op. T­wee ba­ba­doe­ke, een daar­van ’n vui­le.

Nes ’n speur­der be­gin ek ag­ter­kom wié die men­se is, want so­waar, ek haal ook die be­taal­stro­kie uit die wa­ter. Op die stro­kie is die men­se se naam. Ek weet nie net wié hul­le is nie, ek weet ook wat­ter soort men­se hul­le is. Jy kan baie geld hê, maar dit be­te­ken nie dat jy styl het, of ma­nie­re nie.

Toe ek klaar is, gaan klim ek on­der die stort. En toe in die bad.

Wat wil ek hê ná hier­die op­ruim­po­ging? Er­ken­ning, geld, ’n ser­ti­fi­kaat wat my aan­wys as rom­mel-am­bas­sa­deur? Nee, niks hier­van nie. Net dat k­lein Dirk een­dag in ’n sa­me­le­wing sal leef waar dit nie no­dig is om an­der men­se se rom­mel op te tel nie. En as dit nie so is nie, dat hy ook be­reid sal wees om dit maar wel te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.