Kui­er-kui­er

Tuis - - KOMBUISE -

Die Van der Walts wou hê hul kom­buis moet ou­tyds en so­lied lyk, as­of dit al am­per ’n eeu saam met hul er­fe­nis­huis leef. Hul­le het die hulp van Lie­sel Craf­ford van Kon­sep S­tu­dio in­ge­roep.

“Sy is my lief­ste vrien­din, en draai al­tyd haar kop skuins soos een van my kok­ke­tiele as ek iets ge­doen het wat rê­rig nie werk nie – en dan help sy my om dit reg te ruk,” ver­tel Magdel. “Ek is mal daar­oor om saam met haar te werk.”

Hul­le het uit­ein­de­lik be­sluit op ’n kom­bi­na­sie van hand­ge­verf­de kas­te, hou­te­le­men­te, en werk­vlak­ke van vlekvrye staal en mar­mer. En die re­sul­taat was pre­sies wat Magdel wou hê.

“Als ge­beur nou in die kom­buis,” sê sy. Die kin­ders doen huis­werk, die hon­de slaap op die ban­kie en die vo­ëls kry hul speel­tyd hier. Dis de­fi­ni­tief die ge­sin se harts­plek,” sê Magdel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.